Oppie Plaas is die perfekte plek vir jou plaastroue


Oppie Plaas… ʼn lekker sterk koppie boeretroos, varsgebakte melktert, vlaktes met groen gras, beeste wat wei, die hoenders wat kekkel en kraai, ʼn ou draadloos en sielsrus.

Dit is slegs ʼn paar woorde wat meeste van ons, ons mee kan vereenselwig as ons dink aan plaaslewe. Dit skep ʼn gevoel van tuiswees, gemaklik voel en samesyn. As dit die gevoel is wat jy wil ervaar op jou troudag, hoef jy nie verder te soek nie, want by Oppie Plaas is dit presies wat jy gaan kry.

Dean Barnard van Oppie Plaas gee vir ons eerstehandse inligting van die venue:

WATTER TIPE STYL BIED JULLE VENUE AAN TOEKOMSTIGE BRUIDSPARE?

Oppie Plaas is geleë in Waboomskraal wat ʼn landbou-area is. Dis die enigste plek in Afrika waar hops verbou word. Ons kan vir ʼn bruid haar plaastroue gee wat sy van kleins af oor droom, maar wat steeds elegant is. Die saal is van so aard dat ons dit van rustiek tot elegant kan doen. Ons maak ook tradisionele boerekos by die venue.”

HOE AFFEKTEER DIE SEISOENE DIE EFFEK EN ATMOSFEER VAN DIE VENUE?

“In die somer het ons baie lekker weer nie, te warm nie en nie te koud nie, maar winter is ʼn ander saak. Wat die lokaal aanbetref bly die atmosfeer en effek maar dieselfde. Met die landbou bedrywe is September en Oktober vreeslik mooi met kleurvolle bloeisels. Desember tot Maart (veral vanaf Februarie) is die hops baie mooi. Januarie tot Maart is daar pruime in die bome, wat die mooiste groen en rooi skakerings maak”

WAT IS DIE OPSET BY OPPIE PLAAS?

“Ons saal is ʼn stoor, maar wat herbou is met steenmure en sleeper deure, met die ongelooflikste uitsig. Ons leuse is: Itʼs all about the view.
Ons trou-area word die klipkraal genoem. Dis ʼn buite-area met houtstompe en ʼn kapel met houtpale, waarlangs ʼn stroompie water loop.”

WAT SLUIT JULLE PAKKETTE IN?

Ons pakket sluit in:

• Lapa-area
• Ronde, lang of vierkantige tafels
• Pallet-tafels
• Konferensiestoele
• Tiffany-stoele (vir ʼn beperkte aantal gaste)
• Wit of swart tafeldoeke
• Standaard eetgerei en glasware
• Koektafel, platejoggietafel en geskenketafel met tafeldoeke
• Veilige kar- en busparkering by die venue
• Skoonmaak van fasiliteite na die funksie
• Die nodige kombuispersoneel en ʼn gelisensieerde en profesioneel, toegeruste kombuis (wat slegs deur Oppie Plaas personeel gebruik mag word)
• Die reg om foto’s te neem op die perseel

7 Redes hoekom Oppie Plaas uniek is:

1. Ons is geleë in die tuinroete of die Klein Karoo.
2. Ons venue is in die Outeniqua-berge in die mooiste vallei.
3. Daar is so baie plekke om foto’s te neem: berge, die rivier, lusernlande, pekanneute, hops,
pruime, appels, pere ensovoorts.
4. Ons bied persoonlike aandag aan ons bruidspaar.
5. Ons kliënte is die belangrikste vir ons.
6. Ons is besig om ons eie kunsjenewer te doen, dit sal die eerste sjokolade- en aarbei-jenewer in die wêreld wees wat ons van weet.
7. Ons het ook ʼn trekker en ʼn wa wat ons gaste op toere kan neem terwyl die
bruidspaar foto’s neem.

As jy nog altyd gedroom het van ʼn plaastroue met lekker tradisionele boerekos in ʼn plaas stoor, maar tog ook dit elegant en stylvol gedoen wil hê, sal Oppie Plaas jou nie teleurstel nie. Met hulle flink diens, die mooiste uitsig van die Outeniqua-berge en die reuk van lusern lande gaan jou troue net die regte plaasgevoel hê, waarvan jy nog altyd droom.

Besoek hulle webblad vir meer inligting.

Artikel: An-Sophie Jonker

Written by Troukoors