’n Handige geskenk vir pasgetroudes

Ideale geskenk vir pasgetroudes1
Gee vir ’n pasgetroude paartjie ’n geskenk, wat nie net kos op die tafel sal sit nie, maar hulle ook die geleentheid sal gee om saam pret te hê… in die kombuis.

Daar is niks wat vir ’n pasgetroude bruidjie so senuweeagtig maak as om haar nuwe man te beïndruk met haar kookvernuf nie. Veral as sy nog ’n groentjie is op daardie gebied. Dit is juis wat die Carina Truyts in ag geneem het toe sy haar kookboek, Yum-mo, saamgestel het.

Hierdie boek is ideaal vir beginners… en as manlief kan selfs saam ingespan word om aandete voor te berei. Dit kan groot pret en ook baie romanties wees.

Dié vrolike kookboek sal enige nuweling inspireer om self in te spring en die vreugde van kosmaak te ontdek – van piekniekkos vir die stoep tot koekies bak in spanne en leer hoe om ’n flop te red, selfs in die kleinste woonstelletjie se kombuis.

Wat dit so prakties maak, is dat dit duidelike instruksies en volkleurfoto’s gee, basiese kooktegnieke verduidelik, resepte bevat vir alles van ontbyt tot sop, pizza en pasta, vis- en vleishoofgeregte en natuurlik iets vir die soettand, opsies bied vir vegetariërs en platsakdae, en jou ook sal help om vriende met ’n uithangete te bederf.

Beslis ’n aanwins vir enige kombuis en ’n oulike geskenkidee vir jou volgende kombuistee.

Handige geskenk vir pasgetroudes2

OOR DIE SKRYWER
Carina Truyts het groot gewoord in ’n gesin waar eet van uiterste belang was, en kook al vandat sy by die oonddeur kon bykom. Sy het hierdié passie by die Silwood Kitchens Kookskool in Rondebosch gaan uitleef, waar sy ’n drie-jaar diploma voltooi het. In 2010 wou sy haar studies kombineer met haar passie vir kos en het by Rhodes Universiteit Joernalistiek en Antropologie gestudeer. Hierna het sy by die Universiteit van Kaapstad ingeskryf vir ’n honneursgraad in Antropologie. Sy hou haar kombuismes skerp deur as privaat-sjef te werk tydens haar somervakansies. In 2014 het sy ingeskryf vir haar meestersgraad in Sosiale Antropologie waar sy tans navorsing doen oor voeding en verhoudings binne die ‘eerste duisend dae van lewe’. Sy kook steeds studentekos en onthaal vriende in haar woonstel aan die voet van Tafelberg.

Kliek op Human & Rousseau se webblad vir meer inligting.

 

Written by Troukoors