5 geskenkidees vir ’n kombuistee

kombuisteegeskenke1
Maak seker oulike en unieke geskenke, wat onthou en waardeer sal word, by die volgende kombuistee wat jy moet bywoon met Yuppiechef se oulike versameling produkte wat aanlyn gekoop kan word.

Die troukoors loop hoog onder jou vriendinne en dit voel vir jou asof jy van die een kombuistee en troue na die ander gaan… en jou geskenk-idees is besig om op te raak.

Wel, moenie moed opgee nie, want hier is ’n paar oulike idees wat selfs iemand, wat al klaar kombuisgoed het, van sal hou.
 
Icona 1.7 liter Vintage-ketel, R1 199
Hierdie geskenk is ideaal as jy ’n paar rand het om te spandeer en ’n vriendin het wat mal is oor mooi, vintage kombuisware in sagte kleurskakerings. Die ketel is prakties, stylvol en pragtig en die meeste mense sal gaande wees daaroor.
Dié koordlose toestel is toegerus met:
-’n Verwyderbare, wasbare filter om altyd die varsste en skoonste koffiewater te verseker.
-’n Watervlakaanduier aan die agterkant en deksel wat kan afhaal, sodat dit maklik is om te vul.
-’n Losstaande basis, sodat dit maklik is om te skink en te vul.
-’n Drievlak veiligheidsisteem wat outomaties afskakel as die water begin kook, die ketel te warm raak of dit van die basis af gelig word.
Beslis ’n geskenk wat die gaste aan die gons sal hê.
 
Hartvormige slaailepels Salad Serve, R189
Die tema van die geleentheid is tog indirek liefde, so hou daarby en gee vir die toekomstige bruid iets waarmee sy hulle romantiese kersligtafel kan dek. Hierdie unieke geskenk, sal ’n tikkie romanse tot enige tafel voeg en is gemaak van gepoleerde metaal. Die beste van alles is natuurlik dat dit ook skottelgoedwasservriendelik is, so die paartjie kan meer tyd aan mekaar en minder tyd voor die wasbak deurbring.
Definitief ’n geskenk waaroor die ontvanger mal sal wees en dit sal jou ook nie te arm maak nie.

Artisan Jug-voedselverwerker, R2 790
Weereens ’n geskenk om te gee as jy ’n redelike bedrag het om te spandeer of dalk die kombuistee- en trougeskenk wil kombineer. Behalwe vir die feit dat dit in die oulikste kleure beskikbaar is, sal die aanstaande bruid die lekkerste smoothies, doopsouse, souse, bakmengsels, sop en ysdrankies hiermee kan optower.
Dit is toegerus met:
-’n Glasbeker en vyfspoedverstelling.
– 4 Vlekvryestaal lemme om kapwerk sommer baie maklik te maak
-’n Stewige basis om alles in plek te hou terwyl jy besig is om jou bestanddele te meng.
-’n Elektroniese sensor wat die krag outomaties aanpas om ’n konstante mengspoed te handhaaf.
-’n Driejaar waarborg.
Die los dele is ook skottelgoedwasservriendelik.
Jy sal die aanstaande bruid (of jou eie) dag maak met hierdie geskenk.

Tapas Cheese Fondue-stel, R440
Moedig die bruid aan om rustige en romantiese aandjies saam met haar nuwe man te beplan met hierdie fondue-stel. Met hierdie geskenk sal hulle ’n lekker potjie gesmelte kaas byderhand hê om die lekkernye (soos brood, broodstokkies, groente, ensovoorts) wat hulle vir mekaar wil voer in te doop.
Die stel sluit die volgende in:
-1 keramiek pot
-1 hout bord
-2 vurke
-1 teelig-kershouertjie
Die aanstaande bruidegom sal net so mal wees oor hierdie geskenk soos die bruid.

kombuisteegeskenke 2
Le Creuset 4.7 liter ovaalvormige gietyster oondbak, R2 600
Hierdie is nou ’n geskenk wat vir ’n lang tyd sal hou, want gietyster is duursaam en higiënies. Die aanstaande bruid sal die lekkerste bredies, vleisgeregte en nog vele meer kan maak en selfs in die pot voorsit ook.
Dit is ideaal om:
-Vleis in te stoof.
-Vis in te posjeer.
-Hoender in die oond te bak.
-Gevulde aartappels te maak.
-Die lekkerste bredies in te kook.
Selfs die aanstaande skoonma sal dink hierdie is ’n wenner.

Vir meer inligting oor hierdie produkte en nog vele meer, gaan loer op Yuppiechef se webblad

 

Written by Troukoors