Raad vir geswelde voete op jou troue

raad vir geswelde voete op jou troudag 1
Jy spandeer baie tyd op jou voete tydens jou troue en die dae voor dit, so dit is net normaal dat hulle gaan protesteer oor die baie druk – veral as daar nuwe hakskoene ook nog betrokke is. Anella Wedding Shoes gee raad.

Net Aspoestertjie se susters sal so onverantwoordelik wees om op die groot dag agter te kom dat die skoen inderdaad nie pas nie. Indien daar ’n glipsie gekom het en dit wel die geval is, sal jy die troepe moet inroep om te kom help om daai suster se voete in te forseer. Of wag, ’n mes sal  ook goed werk om die skoen agter oop te sny, of die skoen te herontwerp en ’n loergaatjie vir die tone voor oop te sny. As dit nie werk nie, is kaalvoet jou voorland…

Maar alle grappies op ’n stokkie – Daar is geen goeie rede om tydens jou troue ongemaklike skoene te dra nie. Vir die meeste bruide is dit ’n lang dag van op jou voete wees, so jy wil mooi na hulle kyk.
VIND SO DIE PERFEKTE PAAR TROUSKOENE

  • Begin vroegtydig soek. Jy het die skoene nodig wanneer jy jou rok gaan pas. Die lengte van jou rok word bepaal volgens die hoogte van jou skoene en die soom word daarvolgens ingesit.
  • Jou venue mag dalk die styl van jou skoen beïnvloed. Jy sal dalk ’n oopskoen verkies in ’n buitelug tuintroue en ’n toeskoen vir ’n binnehuise troue.
  • Neem die kleur van jou rok in ag wanneer jy jou skoene koop – Wit of ivoor.
  • Hou ook in gedagte hoe lank jou toekomstige man is. Met ’n hakkie wat te hoog is, gaan jy uittroon bo jou verloofde.
  • Dra jou skoene ’n bietjie by die huis voor die troue, oefen jou danspassies in hulle. Jy wil so gemaklik as moontlik wees op die dag.
  • Jy self sien meestal net die voorkant van jou skoen, maar die hele skoen gaan tog wys wanneer jy loop en die soom van jou rok lig. So ’n bietjie detail sal dit interessant maak.INDIEN JOU VOETE BIETJIE GESWEL IS OP DIE DAG, EN DIE SKOENE EFFENS KNAP SIT, IS HIER ’N PAAR WENKE OM DIE SWELLING AF TE KRY:

Week voete in Tonikumwater
Dit mag dalk ’n bietjie vreemd klink, maar om jou voete in Tonikumwater te week kan help met die swelling. Die quinine en die borrels kan help om inflammasie beter te maak en is heerlik koel en verfrissend vir jou geswelde voete.
 
Pomelo Essensiële Olie
’n Warm bad kan ook help met geswelde voete. Jy kan ’n paar druppels pomelo essensiële olie by jou badwater voeg. ’n Kommetjie met lekker warm water kan ook gebruik word om voete in te week.

In plaas daarvan om in die bad te lê, kan ’n paar druppels van die essensiële olie ook gemeng word met olyfolie en gebruik word as ’n masseermiddel vir die voete en bene. Vryf jou voete, enkels en kuite met ’n opwaardse beweging, eerder as ’n afwaardse of sirkelbeweging.

Week in soutwater
Epsomsout verrig wondere vir swelling. Net soos die olie, kan dit by jou bad gevoeg word of in ’n kommetjie om slegs jou voete in te week. As jou enkels en kuite ook geswel is, sal ’n lekker bad die beste opsie wees. Lig bietjie daai voete

Swaartekrag kan soms ’n bietjie tot ons nadeel wees wanneer dit by voete kom, so sit vir ’n rukkie met jou voete op ’n sagte voetstoeltjie met kussings op (verkieslik bo jou hart) om die swelling teen te werk.

Maak daardie glas vol
Te veel sout en te min water dra grotendeels by tot swelling. Mik vir jou agt tot tien glase water per dag om oortollige sout uit jou liggaam te spoel. Of nog beter, probeer ’n mengsel van komkommer- en suurlemoenskyfies. Albei bevat anti-inflammatoriese bestanddele wat sal help om die swelling te keer.

Niks moet keer dat jy jou groot dag ten volle geniet nie. So maak seker dat jou voete koningsbehandeling kry, want as hulle probleme gee kan dit jou hele dag bederf.

raad vir geswelde voete op jou troudag 2

Anella Wedding Shoes het hulself oor die jare bewys as die gewildste keuse onder die meeste Suid-Afrikaanse bruide. Te danke aan ons span se intensiewe navorsing oor wat ons bruide se behoeftes is, kan ons met trots ’n wye verskeidenheid style aanbied wat eksklusief en eie is aan Anella en die Suid-Afrikaanse bruid. Ons skoene kan nou ook in enige kleur gekleur word om perfek by jou tema te pas. Vir super-gemaklike, topkwaliteit en asemrowende trouskoene hoef jy nie verder as Anella Wedding Shoes te kyk nie.

Hooffoto: Daily Mail

 

Written by Troukoors