Maak die beste van klein vertrekke in julle eerste huis

maak die beste van klein vertrekke in julle eerste huis open
Pasgetroude paartjies se eerste huis is gewoonlik nie baie groot nie. Maar dit beteken nie dat dit beknop hoef te lyk nie. Zane Pretorius van Block and Chisel gee raad om die klein vetrekke van julle eerste huis snoesig en modern te laat vertoon.
maak die beste van klein vertrekke in julle eerste huis

Daar is niks so lekker as om te begin bou aan julle lewe saam sodra die troue verby is nie. Buiten vir julle verhouding, begin julle ook in alle êrens nesskop in die plekkie wat julle nou ‘huis’ noem. Baiekeer is pasgetroudes se finansies redelik uitgeput na die groot dag en is hierdie eerste nessie maar bitterklein. Maar dit beteken beslis nie dat dit beknop, outyds of armoedig hoef te lyk nie. Met ’n paar slim keuses hier en daar, kan al jou klein vertrekkies ’n lus wees vir die oog.

Block and Chisel deel graag ’n paar nuttige wenke om jou te help om die beste te maak van julle eerste nessie se piepklein vetrekkies.

maak die beste van klein vertrekke in julle eerste huis 2

KLEIN SITKAMER
Net omdat die vertrek klein is, beteken dit nie dat jou dekor en meubels ook klein hoef te wees nie. ’n Paar groter meubelstukke kan eintlik help om die illusie van spasie in ’n vertrek te skep. Kombineer groter meubelstukke met slim beligting en spieëls om die vertrek nog groter te laat lyk.

maak die beste van klein vertrekke in julle eerste huis 3

KLEIN SLAAPKAMER
As julle ’n klein slaapkamer, met min pakplek, het is dit dalk ’n goeie idee om ’n laaikas of klein laaikassies te gebruik as kanttafeltjies. Dit kan nogal interessante hoogtes skep in die kamer en jou sommer ook help met jou pakplekbehoeftes.

maak die beste van klein vertrekke in julle eerste huis 4

KLEIN TUISKANTOOR
Daar is deesdae baie mense wat van die huis af werk en ’n ordentelike werkplek nodig het. Moenie bang wees om verskillende meubelstukke saam te voeg en jouself te omring met goed wat jou inspireer nie. Goeie beligting is ook baie belangrik in enige werkarea.

STUKKE WAT JOU SAL HELP OM PLEK TE SPAAR

maak die beste van klein vertrekke in julle eerste huis 5
DIE L-VORM
L-vormige rusbanke het nogal die afgelope ruk in gewildheid toegeneem, veral onder mense wat nodig het om plek te spaar – maar wat steeds gemaklik wil wees. Dit is egter belangrik om ’n bank te kies waarvan die L links of regs geplaas kan word. Ons Blair-rusbank sal jou in staat stel om die L te skuif volgens die spasie wat jou vertrek toelaat. Dit is ook baie nuttig wanneer jy na ’n nuwe huis toe trek omdat dit dan nie die vorm van jou rusbank beperk nie. Kombineer altyd jou L-vormige rusbank met ’n mooi koffietafel vir ’n huislike gevoel.

maak die beste van klein vertrekke in julle eerste huis 6

EEN GROOT RUSBANK
As jy net plek het vir een rusbank, maak altyd seker dat dit ’n gemaklike ene is. ’n Effense kurwe in die armleunings, asook die hoogte van die armleunings speel ’n baie belangrike rol wanneer julle die perfekte rusbank gaan uitkies. Kies altyd gemaklike strooikussings vir jou rusbank en moenie bang wees om iets te kies met patrone nie, want dit kan diepte skep en jou vertrek sommer baie interessant laat vertoon.

Om meer te sien van Block and Chisel se pragtige meubelstukke, gaan loer gerus op hulle webblad.

Foto’s verskaf

 

Written by Troukoors