10 items wat elke pasgetroude se kombuis nodig het

10 items wat elke pasgetroude se kombuis nodig het 1
Om huis op te sit kan ’n groot uitdaging wees. Hier is ’n paar oulike items wat handig te pas sal kom in enige pasgetroude se kombuis.

Jy is amper ’n Mevrou en skarrel verwoed rond om seker te maak dat julle nuwe huis darem die basiese goedjies het. Daar is so baie goed wat jy in die kombuis nodig het, dat jy nie weet waar om te begin of wat jy moet vat of los nie. Hier is ’n paar items wat nie net jou kombuis sal opkikker nie, maar ook handig te pas sal kom.

1 Laid Back Company se Joie de Vivre Hartvormige Houtbord (R370)
Hierdie hout kapbord is nie net simbolies van die liefde en julle nuwe lewe saam nie, maar sal ook handig te pas kom in die kombuis. Gebruik dit om kaas en beskuitjies op uit te stal wanneer julle onthaal of om broodrolletjies of potbrood op te sny en uit te stal by julle eerste braai as getroude paartjie. Die opsies is eindeloos!

10 items wat elke pasgetroude se kombuis nodig het 2

2 Kenwood kMix 2 sny-broodrooster (R1 079)
Roosterbrood is ’n moet by elke stewige ontbyt wat jy en manlief saam gaan voorberei, so maak seker dat jy van die begin af belê in een wat jou ’n goeie ruk lank sal hou. Hierdie moderne reeks broodroosters is beskikbaar in ’n wye verskeidenheid kleure om by enige dekor te pas en kom met ’n verwyderbare krummelbakkie, sodat jy dit sommer in ’n japtrap kan skoonmaak. Dit het ook ’n funksie wat die brood sal warm hou terwyl jy klaarmaak met die ander kos. ’n Praktiese en oulike toestel vir enige kombuis.

10 items wat elke pasgetroude se kombuis nodig het 3

3 Laguiole deur Andre Verdier Steakmes-stel (R599)
Braaivleis is ’n eg Suid-Afrikaanse gereg en daarom is die moontlikheid dat jy ’n paar goeie steakmesse gaan nodig kry, baie goed. Daarom sal dit beslis ’n goeie belegging wees om in ’n duursame stel messe soos hierdie te belê. Die stel bevat ses messe en kom in ’n handige houtblokstaander wat goed sal vertoon in enige kombuis en ook sal verseker dat jy maklik toegang het tot ’n mes wanneer jy dit nodig het. Dit kom ook in verskillende helder kleure om jou kombuis bietjie op te helder.

4 Kenwood kMix-koordlose elektriese ketel (R1 179)
Elke goeie oggend begin met ’n koppie boeretroos en daarom is ’n ketel uiteraard ’n baie noodsaaklike item in die kombuis. Hierdie stylvolle ketel is beskikbaar in verskeie kleure en is sag op die oog. Dit is verder ook toegerus met ’n meganisme wat sal verhoud dat die ketel droog kook en die SureGrip™-handvastel sal help dat jy altyd ’n stewige greep het wanneer jy die koppies moet volmaak. Smaakvol, kleurvol en noodsaaklik!

5 Aerolatte Moo Milk Frother (R199)
Kitswarmsjokolade en –cappuccinos proe darem nie lekker as dit nie goed gemeng en bietjie geskuimde melk inhet nie… en jou skoonma gaan dit tien teen een sommer dadelik vir jou noem. So maak seker jy beïndruk haar en doen dit sommer van die begin af reg met hierdie vrek oulike Milk Fother met die koeikolle op. Die toestel werk met batterye en jy kan dit dus enige plek in die kombuis gebruik.

6 Umbra Buddy Sout- en peperpotjies (R149)
Hierdie noodsaaklike kombuisitems is darem te cute vir woorde en in jou verbeelding kan dit beslis weer julle nuwe lewe saam simboliseer. Hierdie potjies is van keramiek gemaak, is maklik om skoon te maak en sal baie mooi lyk op ’n gedekte tafel. ’n Magneetjie stel die potjies in staat om ‘hand’ vas te hou sodat die mooi langs mekaar staan. Beslis ’n oulike ietsie om jou eie of iemand anders se kombuis mee te verfraai.

10 items wat elke pasgetroude se kombuis nodig het 4

7 Le Creuset se gietyster roosterbak (R2 600)
Hierdie bak is vreeslik veelsydig en kan gebruik word om die heerlikste Sondagmaaltye in die oond te maak. Dink lasagne, oondgeroosterde hoender, aartappelgeregte en vele meer… en dit sonder dat jy heeltyd voor die stoof hoef te staan. Die bak versprei hitte eweredig, sodat jou kos geleidelik gaar word en nie brand nie, gietyster sal jou jare hou, die bak is mooi genoeg om jou gereg in te bedien, dis skottelgoedwasservriendelik en kan op enige kookoppervlakte gebruik word. Beslis ’n oulike geskenk, vir jouself of iemand anders.

8 Severin Smoothie Mix and Go (R799)
Dis somer en almal wil graag mooi en maer lyk, veral pasgetroude vroutjies wie se mans hul hande nie van hulle kan afhou nie, maar daar is min tyd vir ingewikkelde ontbytkos in die oggend voor werk. Dit hoef nie ’n verskoning te wees vir hoekom jy en manlief nie van die begin af gesond lewe nie, want toestelle soos hierdie maak dit sommer baie maklik. Hierdie oulike menger het net genoeg plek om ’n smoothie te maak vir een 500ml bottel en is dus ideaal as julle wil deel of net een van julle een wil hê. Al wat nodig is, is om jou bestanddele in te gooi, dit te meng, te skink en dan op pad werk toe in die kar te drink. Onthou, ’n smoothie ’n dag laat die dokter wag!

9 Love Home 3-laag glas koekstaander (R349)
Hierdie is ’n tipiese lekker-om-te-hê item om eetgoedjies op uit te stal wanneer manlief verjaar of jou vriendinne oorkom vir tee. Dit is baie modern en higiënies en is gemaak van glas en metaal. Die oulike handvatsel aan die bo-kant maak dit ook maklik om die staander te dra tot by die tafel waar koffie en koek bedien gaan word. Alhoewel die item nie so noodsaaklik is nie, is dit vreeslik oulik en ’n goeie geskenk om iemand mee te bederf.

10 Joseph Joseph Elevated Carousel Set (R1 049)
Om te kan kos maak, het jy die regte toerusting nodig – van ’n eierspaan tot ’n pastalepel ensovoorts. En met al die kleefvrye kooktoebehore wat deesdae beskikbaar is, is die staalweergawes ook uit omdat dit die oppervlakte beskadig. Daarom het jy een van Joseph Joseph se handige stel kombuistoerusting nodig. Dit is duursaam, buigbaar, kleurvol en het rubber handvatsels om te keer dat dit uit jou hand gly. Dit kom ook in ’n mooi draai-staander sodat jy dit naby die stoof kan hou.

Al hierdie produkte en meer is te koop op http://www.yuppiechef.com/ Gaan maak gerus ’n draai by hulle aanlynwinkel!

&nbsp

Written by Troukoors