’n Plattelandse troue vol genade en liefde

plattelandse troue vol genade en liefde 1
Janneke en André se paadjie kom al ’n hele paar jaar saam. Hulle liefde is uiteindelik gebind met ’n plattelandse troue, wat net so mooi was soos hulle liefde vir mekaar.

plattelandse troue vol genade en liefde 2

Vriendskap het liefde geword en daardie liefde is met ’n ring verseël. Die paadjie van die paartjie tot hier was iets wat mens byna aan When Harry met Sally herinner.

BESTE VRIENDE EN MEKAAR SE GROOTSTE ONDERSTEUNERS
Die eerste ontmoeting was op skool en daar het hy al haar nommer gevra, maar sy het met iemand anders uitgegaan en haar nie veel aan hom gesteur nie. As eerstejaars op Stellenbosch het ’n koshuis sosiaal hulle weer bymekaar gebring.

SPESIALE OOMBLIKKE
Janneke is ingebring deur beide haar ouers en haar pa het hulle getrou. Dit is so spesiaal! “Dit was simbolies van die twee ankers wat hulle in my lewe is. Een van my beste vriendinne het ook vir ons, as ’n trougeskenk, ’n skildery van die seremonie op die dag geskilder, dit lyk fantasties!” André het ook hulle liedjie (Thinking out loud van Ed Sheeran) vir haar, voor al die gaste, gesing.

plattelandse troue vol genade en liefde 3

JANNEKE SE BEPLANNING EN RAAD
“Ek het by ’n afmerklysie begin om my gedagtes bymekaar te kry oor wat alles moet gebeur en van dit af beplan. Saam het ons besluit op ’n rustieke tema en het ’n venue gekry wat beide ons persoonlikhede en liefde vir die natuur verteenwoordig. Ons wou ’n atmosfeer van liefde en genade skep.”

MY RAAD:
* Maak ’n lysie.
* Beplan saam en geniet dit.
* Moenie dinge te veel oordink nie.
* Bly in gereelde kontak met jou diensverskaffers.
* Vra mense vir raad.

plattelandse troue vol genade en liefde 4

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Kilcairn Function Venue
Spyseniering: Two food Fundies
Blomme: Monique Crause
Dekor: Baie Goeters
Troukoek: Linda Du Bruyn
Fotograaf: Christine LR Photography
Videograaf: Jaco Joubert
Musiek: Ingrid Wolf
Trourok: Elizabeth Stockenstrohm
Hare en grimering: Marli Basson
Bruidegom se uitrusting: Country Road

Artikel: Yolande van Deventer

 

Written by Troukoors