Mooi woorde vir sy trouring

mooi woorde vir sy trouring
Dit is deesdae die in-ding om die liefde van jou toekoms se trouring met ’n spesiale boodskap aan die binnekant te laat graveer. Maar watter woorde is gepas vir so iets? Ons het gaan ondersoek instel.

Amerikaanse sepies en flieks raak dikwels baie kreatief met die liefde (omdat die karakters so baie keer moet trou en uniekheid belangrik is), daarom is dit deesdae nogal ’n gewilde neiging om julle liefde te verewig met ’n persoonlike boodskap aan die binnekant van elkeen se ring. Maar wat is gepas en sê meer as die doodgewone – Ek is lief vir jou?

Hier is ’n paar idees:

Al my liefde, vir altyd

Vir Altyd

Liefde, geloof, hoop

Al my Liefde (datum)

Ons liefde is vir altyd

My beste vriend (datum)

My sielsgenoot

Vir Altyd Joune

Vir Altyd en Altyd

My hart is joune

Liefde vir ’n Leeftyd

Een lewe, een liefde

Van hierdie oomblik… vir altyd

Vandag, môre, vir altyd

Vir altyd in my Hart

’n Leeftyd van Liefde

Word saam met my oud

Ek lief jou meer

Jy en niemand anders nie

Geluk sonder einde

Liefde sonder einde

Liefde oorwin alles

Liefde begin hier (datum)

Altyd saam

Sterkte met die kies van die perfekte boodskap, mag dit julle dag en lewe saam sommer ekstra spesiaal maak.

Foto: Etsy

 

Written by Troukoors