Hoekom die regte grimeerkwas belangrik is

hoekom_grimeerkwas_belangrik_is_1
Jou grimeerkwas is een van die belangrikste items in jou grimeersakkie en daarom is dit belangrik om te belê in duursame kwasse soos Real Techniques se oulike reeks.

—————————————————————————————————————————————————————–

SPESIALE AANBOD – kliek hier om Die Trouboek en/of Troukoors tydskrif te bestel.

Bestel_Troukoors_en_Die_Trouboek
——————————————————————————————————————————————————————

Jy trou binnekort en beplan om jou grimering self te doen en jou onderlaag sommer met jou vingers aan te wend. Maar het jy geweet dat die regte grimeerkwas ’n groot verskil kan maak aan die eindresultaat? Die regter grimeerkwas help nie net om soveel meer van die produk op jou vel te kry nie, maar ook om kleure in te meng en ’n egalige voorkoms te verseker. Dit help met kontoering, waar as jy jou vingers gebruik, jy die produk so ’n bietjie sal laat smelt en nie die volle effek sal kry nie. Maar hoe weet jy watter kwas om waar te gebruik? Real Techniques het ’n kwas vir elke area:

Real Techniques se Expert Face brush kan gebruik word om jou vloeibare onderlaag aan te wend.

Die Real Techniques Powder brush word gebruik om poeier aan te wend. Dit is baie belangrik om poeier oor jou onderlaag aan te wend, want in ons wonderlike sonnige Suid-Afrika, sweet ons velle makliker en word die olies minder sigbaar wanneer jy poeier gebruik, want die poeier absorbeer daardie olies en sweet.

hoekom_grimeerkwas_belangrik_is_2
Die Real Techniques Foundation brush vorm ’n effense punt sodat jy elke kontoer gemaklik kan bereik. Gebruik hierdie kwas onder jou oë, op jou wangbene en in jou T-sone (voorkop, neus en wenkbrou-area) vir die perfekte afronding.

Die Real Techniques Setting Brush word gebruik om kleiner areas op te helder met wit kontoerpoeier. Net bo jou wangbeen, onder jou neus en jou mondhoeke is die ideale areas om hierdie kwas te gebruik.

Nou kan jy sien hoe belangrik kwasse is en hoe lekker dit kan werk, as jy net eers weet waarvoor om dit te gebruik. Dan het ons nog nie eens begin met ooggrimering nie…

WEN!
Jy staan vandag ’n kans om ’n geskenkpak van Real Techniques, wat al vier die bogenoemde grimeerkwasse bevat, te wen. Al wat jy hoef te doen is om Real Techniques se Facebook-blad te gaan LIKE, hierdie inskrywing te LIKE en te SHARE.

Artikel: Christell du Preez
Hooffoto: Her Campus

 

Written by Troukoors