Klassieke plaasstyl troue

klassieke plaasstyl troue
Robert en Elida het ’n klassieke plaasstyl troue gehad, met proteas, biltong, mosbolletjies en hope pret by Cussonia Crest net buite Pretoria.

——————————————————————————–

Kom kuier saam met ons by Troukoors se eksklusiewe werkswinkel op 18 Junie 2016 by Morgenzon in Pretoria
en staan ’n kans om ongeveer R100 000 se pryse vir jou troue te wen!
Kaartjies kos R200 per persoon (beperkte hoeveelheid beskikbaar). Kliek hier vir meer inligting.

Werkswinkel
Foto geneem deur Adene Photography
——————————————————————————–

klassieke plaasstyl troue 2

Robert en Elida is altwee mal oor die natuur en buitelug en hy het die groot vraag langs die kampvuur in die Wildtuin gevra, daarom was dit net gepas om ’n plaasstyl troue te hê… met ’n verskil om hulle liefde vir mekaar te vier.

Die kleurskema van hulle troue is ment, pienk en wit; ’n kleurskema wat vir Elida uitgestaan het op ’n moodboard wat sy op Pinterest gesien het. “Pinterest is een van die mees inspirerende toepassings wat jy kan aflaai en ek het al die idees vir my troue daar gekry – van my rok tot my hare en grimering en dekor,” verklap Elida.

klassieke plaasstyl troue 3

Verder wou sy ook ’n kalm en neutrale atmosfeer skep en het selfs die kinders in gedagte gehou, met ’n pragtig versierde tafel, met hope aktiwiteite en ballonne om die kleinspan mee besig te hou.

Wanneer jy haar vra om vir toekomstige bruide raad te gee, antwoord sy dadelik: “As jy dit kan maak, moet dit nie koop nie. Ons het self die houtkissies vir die blomme gemaak. Die feëtjieliggies het ons vir goedkoop gekoop by China Town en die glasbedeksels wat op die tafel was, is direk van die fabriek af gekoop. Ons het ook die tafellopers self gemaak en dit het ons nie net geld gespaar nie, maar ook tyd omdat ek nie nodig gehad het om dekorverhuringsmaatskappye te soek wat het wat ek wil hê nie. Bly kalm en moenie dat ander se opinies jou oorrompel nie.”

klassieke plaasstyl troue 4

DIENSVERSKAFFERS
Venue, koördinering, drankies en kos: Cussonia Crest
Blomme: Bruid se ma
Dakdrapering: Softlight Decor
Skryfbehoeftes: Katoeter Goete
Fotograaf: Leandrie du Plessis
Musiek: Gauteng DJ
Trourok: The Boys, Niko & Arnold
Hare en grimering: Anna Pepper, The Refinery
Bruidegom se uitrusting: Black Tie Hatfield
Dankiegeskenkies: Droom Ontwerpe
Borsspelde: Help ’n Bruidjie

 

Written by Troukoors