Passievolle strandtroue met vuurdansers op die sand

Troukoors
Vuurdansers op Marthina en Francois se strandtroue was simbolies van hulle liefde wat aan die brand is vir mekaar. Liefdesvonke het reeds met hulle eerste ontmoeting gespat!

Op gemeenskaplike vriende se troue het die twee net ogies vir mekaar gehad en dit is waar alles begin het! Dertien maande na hulle verloof geraak het op Bloubergstrand, het hierdie mooi paartjie die knoop deurgehaak met ’n strandpartytjie by Strandkombuis in Yzerfontein.

VERTEL ONS MEER VAN DIE BEPLANNING EN JULLE TROUDAG?
“Dit was ’n klein intieme troue, met ’n groot feesviering (tot vroeg in die oggendure) saam met vriende en familie wat vir ons die wêreld beteken. Dit was vir ons die mooiste dag ooit! Ek het idees op Pinterest gekry en ons het besluit op ligte blou, geel en room as kleurskema vir die troue. (Geel is my man se gunstelingkleur en die deure en vensters van die venue was blou.) Die atmosfeer wat ons wou skep was ’n heerlike strandpartytjie in die somer.”

Strandtroue
WAT WAS SPESIAAL OP DIE DAG VAN DIE TROUE?
“Alles was spesiaal, maar toe ek die trane in my man se oë sien, het ek geweet dit is maar net die begin van sy liefde vir my – vir die res van ons lewens saam. Ek het besef hoe geseënd ons is dat God ons bymekaargevoeg het.”

JOU RAAD AAN ANDER BRUIDE?
“Maak jou dag soos jy nog altyd daarvan gedroom het!”

passievolle troue met vuurdansers op die strand 4

DIENSVERSKAFFERS
Venue, spyseniering e drankies: Strandkombuis
Koördineerder, blomme en dekor: Ilze Watt van PurplePatch Events
Troukoek: Kaaskoek van Farview farm
Fotograaf: Lucille Scheepers Photography
Musiek: Pie in the sky
Trourok: Bride & Co, Parkview Garsfontein
Hare en grimering: Mia’s make‐up
Vuurdansers: Fire Tribe

Artikel: Yolande van Deventer

 

Written by Troukoors