Die regte juwele vir jou strooimeisies

troukoors_kies_perfekte_juwele_vir_strooimeisies_1
Jou strooimeisies verteenwoordig van die belangrikste vroue in jou lewe – jou beste vriendin van kinderdae af, jou toekomstige skoonsus, jou sussie… en daarom moet hulle in die mooiste juwele skitter.

Die dae wat jy jou strooimeisies afskeep, is verby en stylvolle strooimeisies is nou een van die belangrikste stylelemente van jou troudag. Vandag word daar baie tyd en energie spandeer aam die keuse van die perfekte rokke, skoene, haarstyle en grimering vir hierdie belangrike dames. Elke elegante rok verdien pragtige bykomstighede om die voorkoms af te rond. Ons juwelierswaredeskundige, Zoë, van Just Bello, deel ’n paar wenke om jou strooimeisies te laat skitter op jou spesiale dag.

LAAT HULLE UNIEKHEID FLOREER
Jy het jou strooimeisies self gekies! Hulle is dus die belangrikste dames van jou dag, elkeen met hul eie unieke styl, wat verskillende seisoene verteenwoordig van jou lewe. Die meeste bruide verkies nog dat hul strooimeisies dieselfde rokontwerp of kleur dra. Ek stel altyd voor, in so ’n geval, om dit te oorweeg om jou strooimeisies toe te laat om hul eie individualiteit te stempel op jou dag deur om hul eie juweliersware te kies. ’n Goeie manier om dit te doen is om ’n paar grense te stel soos net oorbelle en armbande of ’n juweliersontwerp-tema soos “blomme” of “pêrels”. Sulke grense verseker dat jou strooimeisies se uniekheid nogsteeds inpas by jou troudagstyl. Indien jou strooimeisies verskillende rokontwerpe of kleure dra, is dit dan ’n slim idee om eenheid te skep deur bypassende juweliersware in te bring.

HOU JOU TROUETEMA EN TROUROKONTWERP IN GEDAGTE
Dit is baie belangrik dat jou strooimeisies die styl en gevoel wat jy op jou troudag wil skep verstaan. Die voorkoms en gevoel wat jy probeer om te skep op jou troudag, is van kardinale belang, en daarom moet jou strooimeisies dit weerspieël. Marcasite-oorbelle of pêreloorbelle is die perfekte juweliersware vir strooimeisies by ’n vintage-sjiek troue! Inteendeel meer moderne bruide verkies meer eenvoudige juwele wat steeds tydloos bly. Dit is ook baie belangrik om die kleur en ontwerp van beide jou trourok en jou strooimeisies se rokke in gedagte te hou. Halslyne word veral ’n belangrike aspek wanneer jy hangertjies oorweeg vir jou strooimeisies.

troukoors_kies_perfekte_juwele_vir_strooimeisies_2

BEDANK HULLE MET JUWELE
Kom ons wees eerlik met mekaar, ’n strooimeisie se werk is nie altyd sjampanje en troukoek nie! Hierdie dames het jou in jou mees stresvolle beplannings tye en Bridezilla-oomblikke ondersteun… Daar is nie ’n meer spesiale manier om hulle te bedank as met ’n pragtige stuk juweliersware nie. Hierdie geskenk kan nie net gedra word op jou troudag nie, maar sal ook dien as ’n herinnering aan jou vriendskap lank nadat hulle deel van jou sprokiesdag was.

Ongeag jou persoonlike styl; juwele is net so belangrik soos jou troudaghaarstyl en -grimering. Moet asseblief nie dit los tot ’n maand voor die tyd of glad nie juwele dra nie! As jy onseker voel, verwys terug na die wenke in die artikel of stuur vir ons ’n e-pos by hello@justbello.com en ons sal met liefde vir jou persoonlike raad gee! Begin jou soektog na jou troudagjuwliersware op ons webblad vandag vir die bekende Vera’s Bridal Jewellery-reeks of ons nuwe, eksklusiewe Bellissima-reeks.

troukoors_kies_perfekte_juwele_vir_strooimeisies_3

WEN!
Wen juwele, ter waarde van R5 745 vir jou en 4 strooimeisies! just-bello.com is ’n aanlyn juwelewinkel met die mooiste troudagjuwele. Een gelukkige bruid gaan die volgende varswater pêrel- en silwerstelle wen vir haar troudag:

1 Bruidstel:
1 paar wit varswaterpêrel en silwer blom-oorbelle, 1 wit varswaterpêrel-armband, 1 x Thandana-grimeersakkie.

4 Strooimeisiestelle | Elke stel sluit in:
1 paar wit varswaterpêrel- en silwer oorknoppies, 1 wit varswaterpêrel-armband, 1 x Thandana-grimeersakkie.

Hoe om te wen?

  1. Like & Share die inskrywing op Facebook.
  2. Comment en sê vir ons op watter webwerf kan jy die mooiste juwele vir jou Troudag koop?
  3. Like Just Bello se Facebook-blad.

Terme en voorwaardes: Prys sluit slegs bogenoemde produkte in, ter waarde van R5 745. ’n Wenner sal deur die borg gekies en aangekondig word op 26 Mei 2016 en die besluit is finaal. Prys is nie oordraagbaar of onderhandelbaar vir kontant nie. Die borg se besluit is finaal. Alle stappe moet gevolg word vir jou inskrywing om geldig te wees. Wenner sal via Facebook gekontak word vir besonderhede.

Foto’s: Just Bello

 

Written by Troukoors