Kies die regte grimeerkwas

troukoors_kies_die_regte_grimeerkwas_1
Dit is belangrik om die regte grimeerkwas te hê vir elke behoefte, maar ook om die regte een te kies vir jou eie behoeftes. Hier is ’n paar dinge om in gedagte te hou.

ERWS-BANNER-20-96x14

Die regte grimeerkwas maak dit nie net makliker om grimering aan te wend nie, maar stel jou ook in staat om meer presies te wees vir die perfekte eindersultaat. Hier is ’n paar faktore om in gedagte te hou wanneer jy jou grimeerkwas kies.

NATUURLIK IS BETER
Grimeerkwasse wat van regte hare gemaak word, is gewoonlik die beste keuse. Grimering klou net lank genoeg aan hierdie hare sodat dit versprei kan word na waar dit nodig is op jou gesig. Dit is ook sag en strelend op die vel.

MENG EN PAS
Dit is baie belangriker om die regte grimeerkwas vir jou behoeftes te kies, vir elke taak wat verrig moet word, eerder as om te sorg dat jy ’n stel kwasse het wat mooi bymekaar pas. Dit is onnodig om kwasse te hê wat jy nie gaan gebruik nie. Real Techniques meen dat die volgende ses kwasse ’n moet is vir jou grimeersakkie:
1. Multi-task Brush – ’n Meerdoelige kwas waarmee jy poeier, blosser en verbronser egalig kan aanwend.
2. Exclusvie Tapered Foundation Brush – Kwas met ’n digte, ronde punt om jou onderlaag egalig aan te wend en af te rond.
3. Exclusive Angled Highlighter Brush – ’n Kwas waarmee jy ekstra glans aan jou wangbene kan verleen of jou neuskontoere mee kan versag.
4. Base Shadow Brush – Vir die gladde, egalige aanwending van onderlaag.
5. Fine Line Brush – Vir die presiese aanwending van vloeibare oogomlyner.
6. Exclusive Glam-to-Clutch – Handige sakkie om in jou handsak te hou met jou kwasse vir wanneer jy jou neus gaan poeier.

EKSTRA IS BETER
Moenie net een kwas hê vir elke grimeerbehoefte nie, want partykeer steek Murphy die kwas vir jou weg of het jy twee nodig om een taak te voltooi. Dit is dus nodig om altyd ’n ekstra kwas te hê vir ingeval, sodat jy altyd op jou beste kan lyk.

DIE BESTE GRIMEERKWAS WAT JY KAN KOOP
Goedkoop koop is in hierdie geval duurkoop en dit is daarom belangrik om van die begin af in ’n duursame grimeerkwas te belê wat lank gaan hou en die werk die beste sal doen.

WEN!

troukoors_kies_die_regte_grimeerkwas_2

Een gelukkige leser kan ’n stel Real Techniques-grimeerkwasse met ’n grimeersakkie wen, ter waarde van R599.95. Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom is:
*Like en deel hierdie inskrywing op Facebook; en
*Like Real Techniques se Facebook-blad.

Foto: AliExpress

 

Written by Troukoors