Wen ’n Vir Altyd-DVD

troukoors_wen_vir_altyd_dvd
Vir Altyd, Ivan Botha en Donnalee Roberts se tweede fliek saam, het al wat ’n rekord is gebreek toe dit op die grootskerm gewys het en nou kan jy die fliek op DVD besit. Vyf gelukkige lesers kan elkeen ’n DVD wen. Lees verder om te sien hoe!

ERWS-BANNER-20-96x14

Vandag breek die oomblik aan waarvoor baie Afrikaanse fliekgeesdriftiges al so lank wag… die liefdestreffer, Vir Altyd, is uiteindelik op die rak beskikbaar en is ’n item waarsonder enige DVD-versameling leeg sal wees.

Hierdie romantiese avontuur vertel die verhaal van Hugo (Ivan) en Nina (Donnalee) se jarelange verhouding en deel met die kyker die paadjie wat die twee jongmense moet loop om ware liefde en genesing te vind. Op hierdie avontuur ontmoet hulle ook twee ouer paartjies (Winston Dunster, Elize Cawood, Dirk Stoltz en Ilse Roos), by wie hulle baie leer oor die lewe. Die fliek is nie net ’n liefdesverhaal nie. Dit is ’n waardevolle versameling van lewenswaarhede, wat jou sal laat lag, huil en inspireer. Kry vandag nog jou eksemplaar van die DVD. Jy sal nie spyt wees nie.

Hier is Nina se raad vir wanneer jou kanselsake nie uitwerk soos wat dit moet nie:

troukoors_wen_vir_altyd_dvd_2

WATTER DEEL VAN JOU TROUBEPLANNING WAS VIR JOU DIE LEKKERSTE?
“Die hele proses was baie stresvol, ek moes omtrent almal se werk oordoen om dubbel-seker te maak dat alles perfek is. Die lekkerste is om te weet elke detail van my troue is presies soos wat ek dit beplan het!”

WAT HET DEUR JOU KOP GEGAAN TOE JOU BRUIDEGOM JOU VOOR DIE KANSEL LOS EN HOE HET JY GEVOEL?
“Skok! Alles waaroor ek al gedroom het van kleintyd af, elke prentjie wat ek al uitgeknip en in ’n plakboek gebêre het, al my hoop en drome van die perfekte dag het skielik voor my oë verbrokkel! Dit was ’n warboel van emosies…”

WATTER RAAD HET JY VIR BRUIDE (WAT OOK VOOR DIE KANSEL GELOS WORD) OOR HOE OM HIERDIE MOEILIKE SITUASIE OP DAARDIE OOMBLIK (EN DAARNA) TE HANTEER?
“Dalk nie die beste raad nie, maar hey, almal sal verstaan… Raak histeries, breek iets, hou partytjie soos wat jy nog nooit in jou lewe vantevore gedoen het nie – jy het ’n troue gereël en jy gaan ’n troue hou! Lewer steeds jou toespraak, jy het hard genoeg daaraan gewerk. Eet hande vol koek, dis ’n dubbellaag sjokeladekoek – dis nie nodig dat dit ook gemors word nie… en jy het jou jouself heeltemaal te lank weerhou van enige vorm van suiker! Drink sjampanje! Dans jou sorge weg. Skeur al die mooi papier van jou geskenke af soos toe jy het op jou vierde verjaarsdag! Drink nog sjampanje… Gaan op jou beplande wittebrood saam met jou beste vriend… wie weet dalk was hy nog altyd dié een!”

WAT DINK JY MOET DIE BRUIDEGOM, WAT DIT DOEN, WEET OOR DIE EFFEK WAT DIT OP DIE MEISIE HET WAT HY VOOR DIE KANSEL LOS?
“Jy breek haar hart in die rouste seerste manier ooit! Wees dubbel en dwars doodseker dat jy die res van jou lewe saam met haar wil spandeer, daar is meer as genoeg geleenthede om dit op ’n mooi sagte, manier met haar te deel en te probeer verduidelik voor daardie groot ‘I do’-oomblik. MAAR as jy daar staan en jy weet jy maak ’n fout, SÊ DIT DAN, dit gaan die moeilikste ding wees wat jy ooit in jou lewe gaan moet doen, maar sy verdien iemand wat nie vir een enkele oomblik sal twyfel nie.”

Gaan kyk weer die lokprent van die fliek en kry die DVD!

WEN!
Vyf gelukkige lesers kan elkeen ’n eksemplaar wen van Vir Altyd se DVD! Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom is om die inskrywing op Facebook te LIKE en te SHARE en ook #VirAltydBederfie in die kommentaarblokkie te tik. Die wenners sal Vrydag aangekondig word.

Foto: Fathom Media

Die publisiteit vir die film is behartig deur Starburst Promotions.

 

Written by Troukoors