Liefde uit vriendskap

liefde_1
Liefde het ontwikkel uit Herman en Anke se mooi vriendskap en vandag vier hulle net een datum en dit is die dag waarop hulle met mekaar getrou en hulle liefde verewig het.

ERWS-BANNER-20-96x14

————————————————————————————

liefde_2

WANNEER VRIENDSKAP LIEFDE WORD
Herman en Anke se liefde het begin blom nadat hulle ’n paar maande vantevore by ’n gemeenskaplike vriend se partytjie ontmoet het. Op ’n dag het Herman ’n kans gevat en vir Anke gesê dat hy meer as vriendskap wou hê en na vier maande was hulle ’n volwaardige paartjie. Sy het van die begin af geweet dat hy haar trouman is en toe hy haar die groot vraag vra tydens ’n naweek in die Cederberg, was haar antwoord ja en die res is soos hulle sê – geskiedenis!

DIE PLANNE AGTER DIE TROUE
Die paartjie het hulle troudatum beplan rondom hulle wittebrood en ook om hulle gaste te akkommodeer, wat hulle nie met baie opsies gelaat het vir die venue nie. Hulle was egter van die begin af dol oor Forest 44 en hulle het binne ’n halfuur hulle finale besluit gemaak. Herman se praktiese benadering het hulle gehelp om sommer vinnig ’n moet-doen-lysie op te stel. Dit was vir hulle belangrik om die regte diensverskaffers te kies en ook om die beste seremoniemeester te kies omdat dit die atmosfeer van die troue sou bepaal en dit was vir hulle een van die belangrikste aspekte. “Ons wou ’n gemaklike atmosfeer skep wat almal sou geniet. Ons wou dit ook persoonlik maak en het op die ou einde verskaffers gekies wat ons ken of waarmee ons baie gemaklik gevoel het,” vertel Anke. Die enigste kleure waarop hulle besluit het, was die gevolg se kleure en die res het vanself na vore gekom, soos wat die beplanning aangestap het.
liefde_3
RAAD VIR PAARTJIES WAT GAAN TROU
“Dit is seker anders vir almal, maar ek glo dat dit baie help om jou aanstaande bruidegom deel te maak van die beplanning. Probeer ook om niks te los tot die laaste minuut nie en maak seker dat die kos en musiek uit die boonste rakke is.”

’N PERSOONLIKE AANSLAG
Omdat die paartjie se van Berry is, het hulle besluit om hulle trougeskenkies persoonlik te maak. Anke se ouers het toe aarbeikonfyt gekook en in klein flessies verpak. Die paartjie het ook self hulle skryfbehoeftes ontwerp en gemaak om dit meer persoonlik te maak.

liefde_4

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Forest 44
Kos: La Penetta
Blomme: Aartsappel
Fotograaf: Christine le Roux
Videograaf: Elrika van Dalen
Trourok: Didi Couture
Hare: Jessica Berry en House of Hair
Grimering: Mari Hair and Make-Up
Bruidegom se uitrusting: Carducci

 

Written by Troukoors