Wen ’n geskenkpak vol Afrikaanse CD’s vir jou rak

geskenkpak
Wen hierdie week ’n geskenkpak met drie verskillende Afrikaanse kunstenaars se CD’s in. ’n Gelukkige leser staan ’n kans om ’n geskenkpak met Jorine Rich, MD Greyling en Izaan se nuutste CD’s in die pos te ontvang. Lees verder om te sien wat jy moet doen om hierdie prys te wen, jy sal nie spyt wees nie!

ERWS-BANNER-20-96x14

————————————————————————————-

’n Geskenkpak, propvol lekker Afrikaanse musiek, is die perfekte manier om hierdie besige week af te sluit en vandag kan jy ’n wenner wees. Een gelukkige leser gaan vandag met Jorine Rich, MD Greyling en Izaan se CD’s bederf word.

Jorine Rich se CD, Boerseun, wat deel is van die geskenkpak het met die hulp en leiding van Heinz Winckler die lig gesien en is van dag een af baie goed deur die publiek ontvang. Die CD is in 2015 uitgereik by die KKNK. Die album is Afrikaanse pop-rock op sy beste en is haar manier om vir die luisteraars te vertel wie sy is en waar sy vandaan kom. Sedert die album se uireiking het Jorine ook reeds gesig gewys op talle programme op die kassie, soos kykNET JAM, Be You Dream, Lekker TV en Jukebox kykNET. Gaan kyk gerus na die musiekvideo van die titelsnit, Boerseun.

MD Greyling is beslis nie meer ’n nuweling in die Afrikaanse musiekbedryf nie, daarom is sy CD ’n moet vir enige geskenkpak. Hy is al van jongs af mal oor klavierspeel en is al deur verskeie kunstenaars genader om te help om die fynere melodieë en harmonieë van hulle albums in plek te kry. Hy is ook een van Suid-Afrika se voorste liedjieskrywers en het al musiek geskryf vir sangers soos Theuns Jordaan. Sy eie stem is net so treffend en sy CD, MD Greyling, bied lekkerluister musiek met siel.

Izaan Reinecke het vir baie jare haar talente geslyp en haarself goed voorberei om haar stem en liedjies met die wêreld te deel. Sy het pas die opname van haar selfgetitelde debuut-album, die derde CD in die geskenkpak, by Manley Studios (onder leiding van Sean Manley en Zanda Greeff) voltooi en dié album word in November 2015 uitgereik. Vir Izaan was dit ‘n eer en voorreg om saam met Sean en Zanda te werk en te hoor hoe haar liedjies verwesenlik word en uiteindelik die potensiaal bereik wat sy gehoop het dit kan. Sy het baie van die liedjies self geskryf, maar Zanda het Izaan baie ondersteuning gegee en ‘n ongelooflike bydrae gelewer. Die eerste enkelsnit, Jy Maak Dit Beter, is reeds in 2014 uitgereik en het baie goed op radiostasies landswyd gevaar. Haar tweede enkelsnit, BLY STIL, word nou uitgereik.

Vir meer inligting, besoek Starburst Promotions se webblad.

WEN ’N GESKENKPAK!
Een gelukkige lesers staan ’n kans om ’n geskenkpak te wen met al bogenoemde kunstenaars se CD’s. Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom, is om dié inskrywing te LIKE en SHARE op Facebook, #jouvrydagbederfie in die kommentaarblok te tik en ook Jorine Rich, MD Greyling en Izaan se Facebook-blaaie te gaan LIKE.

 

Written by Troukoors