Bruidegom se uitrusting – wat hy moet weet

bruidegom
Die bruidegom se uitrusting is net so belangrik soos sy bruid se rok, want dit pronk immers ook op foto’s van die spesiale dag. Dit is daarom belangrik om seker te maak dat jy alles reg doen, sodat die eindresultaat perfek kan wees.

ERWS-BANNER-20-96x14

Hier is ’n paar algemene vrae wat die bruidegom kan help om alles op tyd af te handel en die perfekte uitrusting te kies vir sy spesiale dag.

WANNEER MOET EK MY UITRUSTING BEGIN BEPLAN EN REËL?
Dit is beter om die liewer nie te los tot die laaste minuut nie – want dis wanneer krisisse insluip. Sodra die datum, tema en kleurskema van die troue vasgemaak is, kan die bruidegom begin beplan en reël aan ’n uitrusting. As jy byvoorbeeld wil hê dat jou pak afgewerk moet word of wil seker maak jy pronk in die nuutste modes, moet jy vroegtydig werk maak daarvan, anders gaan jy dalk teleurgesteld wees en moet gaan vir jou tweede keuse.

MOET ’N BRUIDEGOM SY PAK KOOP OF HUUR?
Daar is voor- en nadele vir beide opsies. Dit hang af van jou begroting. Wanneer jy jou pak koop, kan dit afgewerk word en perfek sit op die dag en dan het jy ook iets in jou kas vir formele geleenthede. Maar dit kan wel baie duur wees en nie almal van ons bly altyd dieselfde vorm en grootte om die middel en skouers nie – wat kan beteken dat dit later in jou kas gaan hang en jy dit nie meer kan of wil dra nie. Dit kan baie goedkoper wees om ’n pak in die nuutste mode te huur, maar dit mag dalk nie perfek pas nie, iemand anders het dit vir jou gedra en jy moet dit teen ’n sekere tyd teruggee en baie versigtig wees om nie te mors nie. Jy sal alles moet opweeg en besluit wat vir jou, as bruidegom, werk.

HOE LANK KAN EK UITSTEL VOOR EK FINAAL BESLUIT?
Nie later as ’n maand voor jou troudag nie, veral as julle in ’n gewilde tyd trou nie. As dit afgewerk moet word, moet die winkel genoeg tyd hê vir mates en werk wat gedoen moet word… en as jy huur wil jy seker maak daar is nog iets beskikbaar in jou grootte en wat by julle tema gaan pas. Die bruidegom wil voorwaar nie in ’n Mission Impossible-situasie beland nie.

WAT MOET DIE STROOIJONKERS AANTREK?
Hulle moet by die tema van die troue inskakel en nie anders lyk as die algemene gevoel wat geskep word nie. Stel dus basiese riglyne op oor die kleure, styl en skoenvoorkeure sodat almal bymekaar pas. Dit beteken nie dat hulle presies dieselfde as die bruidegom hoef te lyk nie, maar alles moet bymekaar pas.

WATTER TIPE SKOENE MOET EK AANTREK?
Swart skoene is die gewilde keuse vir ’n formele geleentheid en pas by die meeste tipe funksies en kleure. Dit is ook goedkoper as vreemde kleure en sal na die tyd weer gedra kan word. Maar deesdae verskil troues en kleurskema kan jou dwing om ander skoene – soos wit of bruin te dra as die tema dit vereis. So dit hang af van die kleur van jou pak – swart, grus, vlootblou en helderkleure sal by swart skoene pas. Maar as julle kleurskema bruin, roomkleurig of wit is, sal jy ander kleure moet oorweeg.

IS ’N PAK, DAS EN BAADJIE NOODSAAKLIK?
Dit hang af van die styl van jou troue… plaastroues, strandtroues, piekniektroues ensovoorts maak dit moeilik om streng reëls neer te lê hiervoor want in sommige gevalle word kruisbande, strikdasse en selfs kaalvoete die norm. Die goue reëls is dat die bruidegom netjies en elegant moet lyk sodat hy kan trots wees op die eindresultaat en foto’s – ongeag van die tema en styl. Formele troues vereis egter die dag, baadjie en pak – veral vir die seremoniedeel.

ONS TROU BUITE, IN DIE MIDDEL VAN DIE SOMER. WAT MOET EK DRA?
Jy wil darem ook nou nie te veel sweet nie, so jy sal mooi hieroor moet dink. As julle troue informeel is, kan jy wegkom met kaalvoete, kortmou hemp en geen baadjie, maar as julle ’n meer formele troue het, is ’n pak jou voorland. Kies in so ’n geval iets wat gemaak is uit dunner en ligte materiaal soos katoen of linne… kies ook ligter kleure wat nie die son so na jou toe sal trek nie… die aandag is reeds erg op jou as bruidegom.

Bestel nou jou Troukoors tydskrif (mooi regte troues, doen-dit-self idees, ens) en
Die Trouboek (beplan jou troue in 52 weke + verhoudingsadvies deur Gretha Wiid).
Betaal slegs R170 vir beide (posgeld ingesluit – betroubare afleweringsmetode), SPAAR R39.90!
(Saam posgeld steeds goedkoper as by die winkels)! Kliek hier vir meer info.

Troukoors
STAP 1

Betaal die bedrag in ons bankrekening in:

Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer

Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif
Posgeld (geregistreerde pos) is ingesluit by al die opsies hierbo.

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@troukoors.co.za:

1. Bewys van betaling
2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek en/of Tydskrif
3. Jou naam en van
3. Jou selfoonnommer
4. Jou posadres

Troukoors_inhoud

 

Written by Troukoors