Troue vir sy verjaardag

troue
’n Troue is die laaste ding waaraan jy dink wanneer jy jou 30ste-verjaardag beplan. Maar Karen het, met ’n bietjie hulp van 94.7 Breakfast Xpress, dit reggekry om Anthony te verras met ’n troue op hierdie spesiale verjaardag.

——————————————————————————————
Daar is slegs 1 week oor om DIE TROUBOEK by ons te koop! Maak sommer nou dadelik ‘n aantekening in jou dagboek om jou boekie en tydskrif voor einde Julie 2016 by ons te bestel (betroubare posdiens word gebruik). Spaar boonop R44.90 as jy albei neem! Kliek hier vir ons bankbesonderhede.

Bestel_Troukoors
———————————————————————————————–

troue_1

Vir baie mense is hulle 30ste-verjaarsdag ’n mylpaal, maar vir Anthony Louw was dit sóveel meer. Sy pragtige vroutjie, Karen, het vir hom die beste verjaarsdagpartytjie ooit gereël – in die vorm van ’n troue waarvan hy glad nie geweet het nie. Met behulp van die 94.7 se Breakfast Xpress-span, was die verrassing ’n brullende sukses. Karen vertel ons meer oor hulle spesiale dag.

HOE HET JULLE ONTMOET?
“Ons het ontmoet toe ek 14 jaar oud was. Anthony het ’n plastiese Coca-Cola-botteltjie teen my kop vasgeskop. Van daar af het die beste 15 jaar van ons lewens saam begin.”

HOEKOM HET JY BESLUIT OM HOM TE VERRAS MET ’N TROUE?
“Ons was reeds vir amper drie jaar lank verloof, en Anthony het al voorheen gespot dat hy voor 30 getroud wil wees. So het ek toe drie weke voor sy verjaarsdag aan ’n verrassingspartyjie begin beplan, en toe sommer besluit om terselfdetyd die knoop ook deur te haak.”

troue_2

WAS DIE VERRASSINGSTROUE SE BEPLANNING BAIE UITDAGEND?
“Glad nie. Ek glo dat ’n mens nie tyd moet mors op onbelangrike dinge nie. Die troue is binne drie weke beplan, en als was perfek. Ek het nie teveel mense by die beplanning betrek nie en ek glo dis hoekom dit so suksesvol was. Die perfekte troue gaan nie oor geld of dinge nie, dit gaan oor die liefde tussen twee mense. Ek het die venue en musiek moeiteloos aanlyn bespreek, my suster het uitgehelp met die blomme en die troukoek, my eie haarkapper het my hare gedoen en die dame by Edgars se MAC-grimeringtoonbank het my grimering gedoen. Selfs my trourok was nie moeilik om te vind nie – die tweede keuse was perfek. Die enigste uitdaging was toe my selfoon se battery pap geraak het na die oproepe met die 94.7 Breakfast Xpress-span. Ek het gesukkel om my foon te herlaai sodat ek die Uber-taxi wat Anthony moes gaan haal, kon bel.”

VERTEL ONS HOE DIE DAG VAN JULLE TROUE VERLOOP HET?
“Dit het begin met die oproep na die 94.7 Breakfast Xpress-span. Darren Simpson het vir Anthony gebel en instruksies gegee (luister hier daarna) om sy hare te laat sny, sy pak aan te trek en om 13:30 gereed te wees vir die Uber-taxi wat hom sou oplaai. Anthony het sonder stry ingestem, en die taxi het hom die middag toe na die venue gevat, waar die wag by die hek sy mond verby gepraat het toe hy gevra het of Anthony daar was vir die verrassingstroue. Toe hy by die kerk instap, het al ons gaste hom toegejuig. Die dag het seepglad verloop en ons het tot 4:00 die volgende oggend fees gevier. Anthony het gesê dat hy niks sou verander het aan ons troue nie.”

WATTER RAAD HET JY VIR BRUIDE WAT OOK OP KORT KENNISGEWING TROUE BEPLAN?
“Moenie fokus verloor van dit waaroor dit regtig gaan nie – jou en jou maat se liefde vir mekaar. Bly weg van die streng tradisies wat bruide so vinnig laat stres en die res sal self in plek val.”

Die dae van streng trou-tradisies is verby, en verrassingstroues word meer algemeen. Anthony en Karen se sprokiestroue is bewyse dat troubeplanning nie stresvol hoef te wees nie – maar eintlik propvol pret kan wees!

troue_3

DIENSVERSKAFFERS
Venue, drankies, spyseniering: Avianto
Verhurings: Café Fleur
Fotograaf: Hay Kay Photography
Musiek en DVD: Mega Music DJ’s
Trourok: GF Bridal Couture
Hare: Paul James Bracken City
Grimering: Nadia da Silva, MAC
Bruidegom se uitrusting: The Dress Suit
Vervoer: Uber

Artikel: Gina van Staden

East_Rand_Wedding_Show

 

Written by Troukoors