Wen vonkelwyn vir jou troue

vonkelwyn
Vonkelwyn is ’n moet vir al die heildronke wat op jou groot dag ingestel moet word. Daarom het Van Loveren besluit om twee gelukkige paartjies te bederf met genoeg vonkelwyn vir ’n troue met 120 gaste! Lees verder om te sien hoe jy kan wen…

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van, posadres en poskode saam met die betalingsbewys na info@troukoors.co.za.
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

Vonkelwyn is iets wat by 99% van alle troues bedien word en gewoonlik gebruik word tydens die formele deel van die onthaal, wanneer die heildronke ingestel word. Van Loveren se wynmaker, Danelle Conradie, en handelsmerkbestuurder, Bonita Malherbe, vertel ons ’n bietjie meer oor hoe jy die beste vonkelwyn vir jou troue moet uitsoek.

WAT IS DIE VERSKIL METHODE CAP CLASSIQUE EN GEWONE VONKELWYN?
“Methode Cap Classique is gewoonlik duurder as ander vonkelwyn en word volgens die Franse Sjampanje-metode vervaardig, waar die wyn gebottel word en deur twee natuurlik gistings gaan totdat borreltjies gevorm word. Dit is ’n lang en duur proses en daarom is elke bottel duurder. Slegs Frankryk mag die term ‘champagne’ gebruik en daarom noem ons hierdie metode MCC in Suid-Afrika. Goedkoper, gewone vonkelwyn kry kunsmatige borreltjies soos SodaStream-koeldrank. Jou keuse hang af van jou voorkeur en begroting.”

WATTER TIPE VONKELWYN IS TANS DIE GEWILDSTE BY TROUES EN HOEKOM?
“Al hoe meer mense verkies ’n Methode Cap Classique (MCC), wat beteken dat die vonkelwyn op die tradisionele Franse metode gemaak is.”

HOE KIES ’N MENS DIE PERFEKTE WYN VIR JOU TROUE EN WAT MOET JY IN GEDAGTE HOU?
“Hou jou gaste in gedagte. Indien dit grootliks ’n ‘jonger’ troue is, is ’n soeterige vonkelwyn voldoende, maar indien dit gemengde ouderdomme is sal ’n mens ’n MCC ook moet oorweeg.”

WATTER TIPE VONKELWYN GAAN DIE BESTE SAAM MET DIE VOLGENDE KOSSE:
Vis – “MCC Brut”
Hoender – “MCC Brut of Blanc de Blancs”
Vingerhappies – “MCC Brut of Blanc de Blancs”
Beesvleis – “’n Soet, rooi vonkelwyn soos Four Cousins Sparkling Red (dit is versnit van Merlot en Ruby Cabernet wat enige rooivleis komplementeer)”
Skaapvleis  – ’n Soet rooi vonkelwyn soos Four Cousins Sparkling Red (dit is versnit van Merlot en Ruby Cabernet wat enige rooivleis komplementeer)”
Troukoek – “Demi- Sec of Sweet Sparkling Wine”

VONKELWYN KAN OOK IN MENGELDRANKIES EN WELKOMDRANKIES GEBRUIK WORD – DEEL ASB JOU GUNSTELING-RESEP MET ONS?
“Lemoensap is baie gewild en kan met droë of soet vonkelwyn gemeng word. Omdat dit die smaak van die wyn verdoesel, sal ek dit nie met ’n MCC doen nie, ’n gewone Brut, Demi-Sec of Vin Doux is voldoende. Vars aarbeie of oesters is natuurlik ’n groot gunsteling om as verwelkomingshappies saam met enige vonkelwyn, ook MCC te bedien.”

HOEKOM DINK JY IS VONKELWYN ’N MOET VIR SPESIALE GELEENTHEDE?
“Dit is ’n simbool van feesviering. Almal wil ‘gesondheid’ toewens wanneer iemand verjaar, trou of vir enige ander spesiale geleentheid.”

HET JY ENIGE RAAD VIR IEMAND WAT MAKLIK HOOFPYN KRY VAN ’N GLASIE TE VEEL?
“Maak seker jy drink genoeg water tussen-in, en drink sommer twee glase voor jy gaan slaap. Dit help dat jou lewer nie oortyd werk nie en is ’n goeie gewoonte om te volg met enige alkohol.”

HOE GEMAAK MET MENSE WAT NIE ALKOHOL DRINK NIE?
“Van Loveren het ’n alkoholvrye vonkelsap op die mark – Van Loveren se Papillon Alc-free White of Papillon Alc-free Blush. Almal wil graag saam feesvier – jonk en oud – en dit is lekker om ’n alternatief vir al jou gaste voor te sit.”

vonkelwyn_2
WEN!
TWEE gelukkige paartjies kan elkeen Van Loveren-vonkelwyn wen vir hulle troue! Elke wenpaartjie sal 30 bottels lekkerte ontvang wat genoeg is vir ’n troue met ongeveer 120 gaste!

HOE OM TE WEN:
1.LIKE en SHARE hierdie inskrywing op jou Facebook-profiel;
2.LIKE Van Loveren se Facebook-blad;
3.Post ’n foto van julle, as paartjie, onder die inskrywing op Facebook en tag Van Loveren in;
4.Vra jou vriende om julle foto te gaan LIKE onderaan die inskrywing.

Terme en Voorwaardes:
Net persone ouers as 18, en wat nie verwant is aan Van Loveren nie, mag inskryf.
Paartjies wat inskryf moet binne die volgende ses maande troue en in Suid-Afrika woon.
Om te kwalifiseer vir die prys, moet jy aan die boonste stappe en voorwaardes voldoen.

 

Written by Troukoors