Haarsorg vir die winter

haarsorg
Spesiale haarsorg is nodig gedurende die winter, veral as jy in die lente of somer gaan trou en ’n stralende kroon nodig het om jou perfek gegrimeerde gesig mee af te rond. Alex Mitchley het raad om jou hare gesond te hou.

Daar is slegs 50 eksemplare van DIE TROUBOEK by ons kantoor oor wat jy teen spesiale afslag kan koop! Maak sommer nou dadelik (betroubare posdiens word gebruik – 100% van ons pakkies bereik hul eindbbestemming). Spaar boonop R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Kliek hier vir ons bankbesonderhede.

Bestel_Troukoors
———————————————————————————————–

Die winter is in volle swang en om soos ’n eskimo aan te trek (truie, jasse en mussies), ’n oormaat koffie te drink en voor die kaggel te sit is deel van ons daaglikse roetine. Maar die effek hiervan is baie sleg vir ons hare en daarom moet behoorlike haarsorg deel vorm van jou daaglikse roetine.

’n Droë kopvel, droë hare, statiese hare en lewelose hare is geneig om maklik te breek gedurende die droë wintermaande en kan regtig heelwat haarprobleme kan veroorsaak. Gelukkig is daar baie maniere en produkte beskikbaar om jou hare te beskerm teen koueweer-elemente om te verseker dat jou hare mooi en gereed is vir die somer. Dit begin by behoorlike haarsorg.

Hier is ’n paar algemene winter-haarprobleme en hoe jy dit met behoorlike haarsorg kan hanteer:

LEWELOSE HARE
Wintermaande kan rof wees vir jou hare en veroorsaak dat dit kleur verloor en vaal en leweloos vertoon. Die rede hiervoor is omdat die droë winterweer vog uit die lug en ook uit jou hare trek. Dit gebeur veral met hare wat gekleur word.
Haarsorg: Daar is twee maniere om te verhoed dat jou hare leweloos raak; jy kan ’n opknapperbehandeling toepas op hare wat reeds beïnvloed is, wat sal help om die vog terug te sit of jy kan na jou salon toe gaan en jou hare ’n ryk, diep kleur laat kleur wat nie deur winterweer afgesit sal word nie. As jy regtig jou hare wil beskerm en verhoed dat dit breek, vra jou haarkapper vir Olaplex, wat beskadigde hare sal herstel en sal verhoed dat dit in die toekoms beskadig.
 
STATIESE HARE
Nog ’n nagevolg van koue weer, is die ontstaan van statiese elektrisiteit. Wanneer die temperatuur verlaag, is daar minder vog in die lug en dit veroorsaak statiese elektrisiteit en laat jou hare dan wild staan – wat ’n nagmerrie is om in stand te hou.
Haarsorg: Die geheim is om soveel as moontlik vog in jou hare te hou en dit kan gedoen word deur jou hare met goeie sjampoe en opknapper te bevogtig, maar weg te bly van toestelle wat warm maak soos die krultang of straightener. Dit is wel byna onmoontlik om jou hare net te laat droogword in die winter omdat dit lank vat en baie koud kan raak. Gelukkig is daar iets soos ioniese haardroërs wat nie die vog uit jou hare steel nie. Die ione wat deur so ’n toestel geskep word, help om van statiese elektrisiteit ontslae te raak.
 
KOPVEL WAT JEUK
Soos voorgeen genoem, is daar nie vog in koue lug nie, en wanneer jy binne is waar dit warm is, kan dit jou kopvel droog en jeukerig laat voel. Dit kan selfs skilfers veroorsaak omdat jou kopvel kan begin vervel.
Haarsorg: Die belangrikste is om nie te krap nie, al jeuk die hoe! Druk liewer liggies op jou kopvel indien nodig. As jy krap gaan dit net meer skade en skilfers veroorsaak. Jy kan ook ’n produk genaamd Scalpicin probeer wat jeukerigheid verlig. Probeer om ook nie te veel sjampoe te gebruik nie omdat die chemikalieë jou kopvel kan laat uitdroog. Probeer ’n reinigende opknapper wat jou hare sal bevogtig.

Goeie haarsorg sal jou help om hierdie winter meer hanteerbare hare te hê. Daar is geen rede om jou haredos onder ’n mussie weg te steek nie, want met ’n bietjie spesiale aandag, kan jy pragtig lyk – binne of buite.

Foto: New Beauty

 

Written by Troukoors