Vreemde trou-tradisies van regoor die wêreld

trou-tradisies
Trou-tradisies kan soms baie vreemd wees en baie moderne paartjies wyk heeltemal hiervan af. Daar is egter erger trou-tradisies as die gewone ruiker en kousband gooi. Gina van Staden het gaan loer wat in ander kulture gedoen word.

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@troukoors.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

Almal weet van die “iets oud, iets nuut, iets geleen en iets blou”-tradisie (wat Italiaanse oorsprong het), maar sommige ander trou-tradisies is so vreemd dat mens net kan vra: “hulle moet wát??”.

In die Tijua-bevolking, van die Chinese provinsie Sichuan, is daar ’n geween. Die bruid moet ’n hele maand voor haar troue saans  minstens ’n uur huil. Tien dae later moet haar ma saam begin huil, en nóg tien dae later haar ouma ook. (As die bruid susters en tannies het, moet hul ook saam met ouma begin huil.) Daar word gesê dat ’n bruid se bure op haar neerkyk as sy nie huil nie, en daar is al gevalle gerapporteer waar ma’s hul dogters aangerand het as die trane afwesig was. Verseker nie een van die lekkerste trou-tradisies wat daar is nie!

Daar is ook ’n snaakse ding wat tydens Punjabi Sikh troues gebeur – Joota Chupai – wat letterlik beteken “om skoene weg te steek”. Die bruid se susters steel die gaste se skoene en gaan steek dit weg, wat beteken dat die gaste dit weer teen ’n prys moet terugkoop. So dis dalk nie ’n goeie idee om jou beste voetjie voor te sit by een van dié troues nie! Verseker een van die slimste trou-tradisies waarvan ons al gehoor het.

Een van die vreemdste trou-tradisies, is die van die Tidong bevolking van Noord Borneo. Die bruidspaar mag vir 72 ure voor die troue glad nie die toilet gebruik nie. Gedurende hierdie 3 dae voor die troue word hulle in isolasie geplaas terwyl hulle families hulle streng dophou om seker te maak dat hulle dit nie doen nie. As hulle oortree, word daar geglo dat hulle kind op ’n jong ouderdom sal doodgaan.

In die Westerse bevolking word ’n maagdelike bruid hoog geag, maar vir die Gelo-mense van die Suidwestelike deel van China is dit vreeslik ongelukkig as die bruid nog ’n maagd is. Om op te maak vir haar “tekort”, moet so ’n bruid een of twee van haar tande uitslaan voordat sy mag trou.

In Mexiko is daar nie trane nie. As jy ’n Mexikaanse bruid is, moet jy maar jou ouma se kosbare pêrelhalssnoer wegbêre op jou troudag. Daar word geglo dat pêrels gelykstaande aan trane is, en dat dit die bruid sal laat huil op haar troudag.

Troubeplanners in Rusland kan maar hulle jaarlikse verlof in Mei-maand neem. Die Russe trou nie in Mei nie, want die woord “mai” beteken suffering. Nog ’n snaakse bygeloof is dat dié dames wat ook tot trou wil kom, net by die onthaal aan die tafeldoek se punt moet trek.

Hoe kies jy jou troudatum? Jy kyk dalk na die seisoene of hou spesiale datums in gedagte. Maar nog vreemde trou-tradisies uit China, is dié van die Daur etniese groep. Die bruidspaar moet saam ’n kuiken oopsny en die lewer inspekteer. As die lewer goed lyk, kan hulle die troudatum bepaal. Indien die lewer nie aanvaarbaar is nie, moet hulle ’n ander kuiken oopsny.

So, as jou ouma ou boere trou-tradisies op jou probeer afdwing, kan jy dankbaar wees dat haar voorstelle nie so vreemd is soos dié van die dinge wat bruide in ander lande moet deurgaan nie.

Foto: Huffington Post
 

 

Written by Troukoors