Gesonde hare vir jou lentetroue

gesonde hare
Gesonde hare in die lente is nogal moeilik. Na die winter kan jou hare en kopvel so droog wees soos jou lapa se grasdak, maar daar is ’n manier om weer glans terug te sit in jou hare sodat dit jou gesig soos bloeisels sal omraam hierdie lenteseisoen.

————————————————————————————

In die winter raak alles vaal en dan moet ’n mens die koue ook nog aandurf. Jy moet siektes probeer verkom, jou hare teen winterskade beskerm, op koue oggende uit die bed klim om betyds te wees vir werk en boonop soos ’n eskimo aantrek. Gesonde hare vir jou lentetroue is dan die laaste ding waaraan jy dink. Daar is tóg ’n ander kant van winter wat ’n mens kan geniet – romantiese tye voor die brandende kaggelvuur, warm Sondagoggend-koffie in die bed en fliekaande, om maar ’n paar te noem. Maar beskadigde hare is nie een van die dinge wat jy gedurende die winter geniet nie.

Soms is dit moeilik om gesonde hare deur die winter te hê – grootliks te danke aan die koue, strawwe weer en al die elemente wat daarmee gepaardgaan. Droë kopvel, droë hare, statiese- en vaal hare kan die kans op haar-breekbaarheid vergroot. Kort voor lank is dit tyd vir jou lentetroue en vaal hare en die opwindende tye wat die warm Suid-Afrikaanse lenteseisoen vir ons bied, gaan nie hand-aan-hand nie. Danksy Olaplex kan al hierdie probleme opgelos word en gesonde hare jou voorland wees.

Die eerste stap om vaal wintershare weer nuwe lente-lewe te gee is om vir jouself ’n glansende (of waaghalsige – hoekom nie!) haarkleur te kies en vir jou haarkapper te vra om Olaplex Nommer 1 Hair Bond Multiplier by die kleursel te voeg, vir gesonde hare tydens die kleurproses.

Dan kom stap twee – Olaplex Nommer 2, wat ook in die salon gedoen word. Dit gee verdere beskerming en bou jou haarstruktuur op om vir jou gesonde hare te gee.

Laastens is stap nommer drie – Olaplex Nommer 3, wat by die huis gebruik word. Hiérdie is die wonderkuur wat die romanse terug in jou hare sal sit. Jy kan dit by die salon, of aanlyn koop. Die gebruiksaanwysings is eenvoudig genoeg: sit die behandeling (genoeg daarvan) weekliks in jou handdoek-drooggemaakde hare, kam dit uit en los dit aan vir minstens tien minute. Was dit dan uit met sjampoe en gebruik opknapper soos gewoonlik. Olaplex Nommer 3 bevat dieselfde bestanddele as Nommer 1 en 2 en sorg dat jou hare sterk en gesond bly tussen besoeke aan die salon.

Die geheim is uit! Kry Olaplex Nommer 3 vandag nog en maak jou vaal wintershare iets van die verlede. Lente is tog ’n seisoen van vernuwing en dit geld vir gesonde hare ook!

Artikel: Alex Mitchley
Vertaal en verwerk: Gina van Staden
Foto: SlowDive

 

Written by Troukoors