Screensaver vir die lente

screensaver
’n Screensaver kan jou dag ophelder. Verfraai jou slimfoon, tablet of rekenaar elke maand met ’n pragtige screensaver van Creative Heroes. Jy kan dit hier gratis aflaai en selfs een vir jou troue, wat jy vir al die gaste kan stuur om julle troudatum te onthou, laat ontwerp.

———————————————————————————

ONS HET WEER 50 EKSEMPLARE VAN GRETHA WIID & TROUKOORS SE TROUBOEK ONTVANG! SPAAR R44.90 AS JY ALBEI NOU BESTEL…

Spesiale_aanbod_Die_Trouboek

BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF
(POSGELD INGESLUIT):
Betaal R170 in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer en e-pos met jou adres na info@troukoors.co.za
Kliek hier vir meer info en opsies: http://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

———————————————————————————

September is hier en dis lente… jou troue lê om die draai en jy moet die laaste beplanning afhandel. Daarom wil Creative Heroes jou graag vir hierdie maand met hierdie mooi screensaver bederf om die lente te vier en jou moed te gee vir daardie laaste reëlings. Daar is darem niks lekkerder as om ’n mooi screensaver of agtergrondprentjie op jou rekenaar of ander slimtoestelle te hê nie… veral as jy baie tyd met hierdie toestelle spandeer – soos wanneer jy trou beplan. Die screensaver is beskikbaar vir elke toestel waaraan jy kan dink – al wat jy hoef te doen is om op een van die onderstaande skakels te kliek om een vir jou slimtoestel of rekenaar af te laai.

As jy ’n Samsung het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iPhone het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iPad het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iMac het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n Skootrekenaar het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

Creative Heroes verpersoonlik trouskryfbehoeftes en is mal oor mooi goedjies wat ’n kreatiewe aanslag het. Skryfbehoeftes word volgens kliënte se persoonlike behoeftes ontwerp en hulle sal seker maak dat alles – van die merk-die-datum-uitnodigings tot die dankiekaartjies op die tafels – by jou funksie se dekor en tema inpas. Skryfbehoeftes word op ’n wye verskeidenheid papier gedruk en hulle maak ook gebruik van verskillende tipes drukmetodes – wat wissel van drukpers (letterpress), foeliedruk (foiling), bosselering (embossing) en fyn afwerkings soos lasersnywerk (laser cutting).
Vir meer inligting, skakel 079 492 2532, stuur ’n e-pos na nadia@creativeheroes.co.za of besoek hulle webblad.

Gaan LIKE hulle ook op Facebook.

 

Written by Troukoors