Troutendense wat gewild gaan wees in 2017

troutendense
Troutendense is ’n goeie aanduiding van wat gewild en in die mode gaan wees wanneer jy trou. Gina van Staden het gaan ondersoek instel oor watter troutendense in 2017 gaan koning kraai.

 

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@troukoors.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

Dit lyk of die troutendense vir 2017 hoofsaaklike gebaseer gaan wees op romanse – van dromerige Franse kleurkombinasies tot rustiek-geïnspireerde temas. Lees verder om meer hieroor uit te vind.
troutendense_1
WATTER KLEURKOMBINASIES GAAN TROUTENDENSE WEES IN 2017?
Die gewildste kleurpalette wat voorspel word vir 2017 is Franse kleure – rose (pienk), ivoor, liggrys, aubusson (blou) en gedempte aardstone. Hierdie gewilde, veelsydige kleure kan met amper enige ander kleure gekombineer word.

HOE KAN JY FRANSE KLEURE KOMBINEER?
Met roosgoud wat huidiglik een van die gewildste troukleure is, kan jy amper enige Franse kleur daarmee kombineer, byvoorbeeld: die rose saam met die gewilde roosgoud- en goue kombinasies, die aubusson saam met bessie- en donkerblou kombinasies en die ivoor saam met bykans enige koelkleurige kleurpallet. Op Pinterest is daar baie mooi voorbeelde van kleurpalette beskikbaar, so gaan loer gerus daarna as jy onseker is van watter kleure om te kies.

HOE KAN JY 2017 SE TROUTENDENSE BY JOU TROUE INKORPOREER?
Die aksentkleur van 2017 sal goud wees – so dink daaraan om dit te inkorporeer by uitnodigings, dekor en dankie-sê geskenkies. Ombre-kleurige troukoeke (of kolwyntjiestapels) wat van goud, na ivoor en dan wit oorgaan, is ook ’n goeie manier om hierdie tendens ’n skitterende rol by jou troue te laat speel. ’n Goeie manier om die sagte Franse kleure by jou troue in te bring, is met die strooimeisierokke. Die kleure is vleiend en skep ’n baie romantiese voorkoms.

WATTER TEMAS GAAN GEWILDE TROUTENDENSE IN 2017 WEES?
Die vintage-tema sal nogsteeds sterk op die voorgrond wees, maar rustieke temas gaan in 2017 koning kraai. Die fokus sal veral op unieke, handgemaakde detail wees. Hierdie is beslis die ideale jaar om jou kreatiewe kant vrye teuls te gee, of om jou talentvolle familielede in te span.

HOE KAN JY RUSTIEKE ELEMENTE DEEL VAN JOU TROUE MAAK?
Die eerste manier om hierdie tendens te omhels, is met julle uitnodigings. Die tradisionele papieruitnodigings word in 2017 so bietjie opsy geskuif om plek te maak vir handgemaakde hout, metaal, leer en materiaal uitnodigings. Nog ’n manier is om blomme, natuurelemente en naakte gloeilampe vanuit die dak te laat hang in stringe. Dit kan selfs as dekor op tafels gebruik word – soos dramatiese middelstukke met geverfde takke en blomme onderaan.

Doen iets wat julle gaste lank na die troue nog aan die praat sal hou en hou die nuutste troutendense in gedagte. Met goeie navorsing en ’n tikkie flair, kan hierdie kleure en tema die begin wees van ’n sprokiesverhaal wat vir ewig op kamera vasgevang gaan word.

troutendense_3

Hooffoto: Glamour and Grace
Foto’s: Burnette’s Board; Etsy, One Fab Day; Ruffled Media; Weddings Online; Wedding Girl

 

Written by Troukoors