Troue in elegante kleure

troue
’n Troue – elegant getooi in swart, wit, pastel en silwer – was die uiteinde van Joe en Liezél van der Walt se veertien maande-lange verlowing. Liezél vertel ons meer van hoe hul liefde begin het, asook hoe hulle hul mooiste dag beplan het.

troue_1

Joe se deursettingsvermoë is wat uiteindelik die deurslag gegee het in hierdie paartjie se sprokiesverhaal. Gina van Staden het meer gaan uitvind oor die storie voor en gedurende die troue

HOE HET JULLE LIEFDESVERHAAL BEGIN?
“Joe wou net nie ‘nee’ vat vir ’n antwoord nie!”

WATTER VAN SY KARAKTEREIENSKAPPE TREK JOU DIE MEESTE AAN?
“Sy eerlikheid, integriteit en wilskrag. Dis tóg sy wilskrag wat gelei het tot ons elegante troue in swart, wit en silwer.”

HOE HET JY GEWEET DAT JULLE VIR MEKAAR BEDOEL IS?
“Sodra jy agterkom dat jy letterlik niks sonder daardie spesiale persoon wil doen nie, weet jy net dat jy jou pasmaat gevind het. Die uiteinde was ons lieflike troue.”

troue_2

HOE HET HY JOU GEVRA OM TE TROU?
“Dit was perfek. Hy het groot letters op ons grasperk gesit (wat ek tweemaal mis gekyk het).”

VERTEL ONS MEER VAN DIE BEPLANNING VAN DIE TROUE?
“Ons het begin deur die venue en datum te gekies. Toe het ons ons gunsteling kleure gekies en gekombineer. Elke maand het ons een taak aangepak, daarvoor betaal en dit klaargemaak. Dit het gesorg dat ons nie een groot bedrag op een slag moes betaal nie. Ons het besef dat hierdie troue net ons twee en ons harte weerspieël. Ons het slegs gedoen wat ons gelukkig maak – van die blomme, dekor, rok en juwele.”

HOEKOM HET JULLE OP ’N ELEGANTE SWART, WIT EN SILWER KLEURKOMBINASIE BESLUIT VIR JULLE TROUE?
“Swart en wit is Joe se gunstelingkleure en ons het besluit om silwer by te voeg vir ’n tikkie elegansie. Ons wou ook ’n sagte voorkoms skep met die blomme – eenvoudig en elegant.”

WATTER TIPE ATMOSFEER WOU JULLE SKEP?
“Warm, elegant en spesiaal, want almal wat ons troue bygewoon het was so ’n spesiale deel van ons lewens.”

BESKRYF JULLE TROUDAG?
“Die dag voor die troue was baie emosioneel, maar op die troudag self was ek baie kalm en kon ek net nie wag vir alles om te begin nie. Ek het geweet dat alles gedoen was, so ek was oor niks bekommerd nie.”

WATTER RAAD HET JY VIR BRUIDE?
“Geniet die hele proses en nie net die troue self nie.”

Om koelkop te bly en jou troue goed te beplan is die resep tot ’n genotvolle troudag wat seepglad verloop. Wees elke oomblik bewus van wat ’n groot seëning die proses is, soos wat Liezél gedoen het.

troue_3

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Thaba Eco Hotel
Bloemis en Dekor: Irene Le Grange
Skryfbehoeftes: Secret Diary
Troukoek: The Cake Man
Fotograaf: Open Image Photography
Trourok: Nina Couture
Grimering: Chantel Nel Professional Make-up
Bruidegom se pak: The Dress Suite

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@troukoors.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

 

Written by Troukoors