Regte troue in vlootblou en sonneblomme

regte-troueb
Hierdie regte troue, getooi in vlootblou en geel, het Lelani en Wayne se styl perfek weerspieël. Dit was ’n baie spesiale dag saam met baie spesiale mense.

regte-troue_c

Lelani en Wayne Potter se trouseremonie is in die buitelug gehou en elemente soos naakte gloeilampe en sonneblomme het ’n rustieke gevoel aan die geleentheid verleen. Lelani vertel ons meer oor hoe sy haar regte troue beplan het.

HOE HET JULLE ONTMOET?
“Ons is altwee fanaties oor fiksheid (ek is self ’n persoonlike afrigter) so ons het by die gym ontmoet. Nadat ons ’n geselsie aangeknoop het oor buitelug gebeurtenisse, was ons op ’n paar dates voordat hy my gevra het om sy meisie te wees.”

WANNEER HET JY GEWEET DAT HY ‘DIE EEN’ IS?
“Na ons eerste afspraak het ek al geweet dat hy die man vir my is.”

HOE HET HY DIE JA-WOORD GEVRA?
“Hy het my bos toe gevat vir ’n wegbreeknaweek (ons altwee het ’n groot voorliefde vir die bos). Na ’n vollyfmasseringsessie het ons elk met ’n glas wyn in die hand gesit en die natuurskoon van die wildreservaat bewonder. Hy het skielik op sy knieë afgegaan en my gevra om met hom te trou. Dit was die aand voor my dertigste verjaarsdag en ons was vir ’n jaar verloof voordat ons regte troue plaasgevind het.”

regte-troue_d

HOE HET JY JOU REGTE TROUE BEPLAN?
“Ek is nie ’n goeie beplanner nie, so ek kan bruide net aanraai om ’n venue te kies wat die blomme, dekor en kos ook behartig. Ek het eerstens op ’n kleur en toe op ’n blom besluit. Omdat ek van helder kleure hou, het ek op geel en vlootblou besluit – wat my ook na sonneblomme toe gelei het. Van daar af het Imperfect Perfection en Love & Grace oorgeneem en gesorg dat als perfek was.”

WATTER TIPE ATMOSFEER WOU JULLE SKEP?
“Omdat ons so mal is oor die buitelug wou ons net ’n ontspannende atmosfeer hê.”

WAS DAAR ENIGE HUMORISTIESE GEBEURTENISSE?
“Omdat ons altwee so gesteld is op fiksheid, was daar baie van ons gaste wat ook fikse mense was. Ons het oefeninge op die dansvloer gedoen – ek met my trourok en die gaste met hulle formele rokke en al!”

regte-troue_e

WATTER RAAD WIL JY VIR ANDER BRUIDE GEE WAT HULLE REGTE TROUE BEPLAN?
“Geniet die dag. Dit gaan regtig só vining verby.”

Julle troudag is die één dag wat net oor julle as ’n paartjie moet gaan, en Lelanie en Wayne het bewys dat dit gedoen kan word deur al hul gunstelingdinge by hulle regte troue in te korporeer (fiksheid, buitelug en helder kleure).
regte-troue_f

DIENSVERSKAFFERS:
Venue, koördinering, spyseniering, drankies en troukoek: Imperfect Perfection
Bloemis: Love & Grace
Fotograaf en videograaf: who’s annah photography
Musiek: Nico Myburg
Trourok: Oorsee gekoop
Hare: Jolanda van Emmenis
Grimering: Karlien van der Merwe
Bruidegom se pak: Black Tie

Artikel: Gina van Staden

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Daar is slegs 50 eksemplare van DIE TROUBOEK by ons kantoor oor om aanlyn te bestel! Spaar boonop R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik – 100% van ons pakkies bereik hul eindbbestemmings.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@troukoors.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

 

Written by Troukoors