Oorbeskermende Pa – staan hy in die pad van julle verhouding

oorbeskermende-pa
’n Oorbeskermende pa, soos in die fliek Eintlik Nogal Baie, kan maklik ’n verhouding kelder. Is dit dalk julle probleem? Lees verder om te sien wat André Lotter hieroor sê.

Pa’s is maar kwaai as dit by hulle dogters kom, maar partykeer kan ’n oorbeskermende pa ’n mooi verhouding verongeluk. Val jou pa in hierdie kategorie? André Lotter, wat die hoofrol in die fliek Eintlik Nogal Baie speel en sy karakter Jay, gee raad oor die delikate saak.

Eintlik Nogal Baie gaan oor Jay van Niekerk (André Lötter), ’n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder, wat sy lewe baie deeglik onder beheer het, totdat hy vir Ally (Marisa Drummond), haar oorbeskermde pa en haar eks-kêrel ontmoet. Hierdie ontmoeting bring hom voor ’n kruispad wat sy lewe drasties verander. Baie paartjies staar dieselfde uitdagings in die gesig.

André kon hom ook heelwat vereenselwig met sy karakter: “Jay is baie naby aan wie ek is en waar ek ook in my lewe was, so dit was moeilik en ’n uitdaging om daardie elemente, waarmee ek ook worstel, aan te pak en dit betekenis te gee. Dit forseer jou om ’n spieël op te lig en jouself te analiseer.” Gelukkig is Jay ook ’n goeie ou, want as Ally iemand soos die karakter waarvoor hy bekendheid verwerf het, Liam in Villa Rosa, aan haar oorbeskermende pa moes voorstel, was daar heel moontlik nog groter moeilikheid.

Anders as sy karakters, is André ’n gelukkig getroude man en kan raad gee as ’n man wat ’n skoonpa klaar oorleef het. Loer hier wat die manne te sê het oor die kwaai-pa-tameletjie…
 
HOE VOEL MANS OOR DIE KONSEP VAN ’N AANSTAANDE SKOONPA OF DIE OORBESKERMENDE PA VAN ’N MEISIE MET WIE HY UITGAAN?
André: “My skoonpa was maar die stil tipe en het nooit regtig gesê hoe hy voel nie. So ek was so effe senuweeagtig aan die begin. Die manier om ’n skoonpa se hart te wen, is om belangstelling in sy belangstellings te toon.

Jay: “Dit was eers ’n rukkie na ons ontmoet en verlief geraak het, wat ek Ally se pa ontmoet het. Die feit dat sy gesê het haar pa is ’n bietjie oorbeskermend, het my glad nie gerus gestel nie! Ek was ’n senuweebol!”
 
HOE KAN DIE MEISIES KEER DAT ’N KWAAI, OORBESKERMENDE PA NIE ’N PROBLEEM WORD EN TUSSEN JULLE KOM NIE?
André: “Sy moet haar pa net soveel aandag gee as haar kêrel of aanstaande man. ’n Pa wil maar altyd sy dogter se held wees en raak soms krapperig as die nuwe jonger alfa-mannetjie sy plek kom inneem. Moenie jou pa rede gee om jou nie te vertrou nie. Wys vir jou pa dat jy regtig omgee vir die ou. As dit opreg is, sal ’n pa rede insien. As hy nie doen nie, volg dan jou hart, want dis die enigste ware kompas vir liefde.”

Jay: “Wel, ek het nou nie juis van die begin af ’n kans gestaan  nie, maar… moenie die ou in jou lewe bang praat nie en moet beslis nie toelaat dat jou eks-kêrel en ‘pa se bestie’ saam op die eerste ontmoeting gaan nie! Moet ook nie te lank wag om die ouers te ontmoet nie. Dit skep te veel misterie… en ouers hou niks van geheimsinnigheid nie!”

HOE DINK JY KAN ’N OU TE WERK GAAN OM ’N OORBESKERMENDE PA SE VERTROUE TE WEN OF TE LAAT VERSTAAN WAAR DIE GRENSE IS?
André: “Stel daardie grense vroeg en moenie onredelike grense stel nie. Wees konsekwent in jou beplanning en aandag aan die skoonouers. Wys hulle dat jy nie hulle dogter van hulle af weg wil hou nie.”

Jay: “Moenie weghol en opgee op die meisie van jou drome as dit nie die eerste keer goed gegaan het nie. Staan jou man. Gaan terug en wen die meisie en haar ouers se harte deur hulle te wys jy is opreg en ernstig.”

’n Oorbeskermende pa hoef nie in julle pad te staan nie… die kuns lê in hoe jy die netelige kwessie benader.

Eintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met The National Film and Video Foundation en The DTI. Die fliek word deur Times Media Films versprei en die regie is behartig deur Jacques Brand (The Blanket, Die Laaste Ure). Die film word op 4 November 2016 in fliekteaters, regoor die land, vrygestel. Gaan kyk die lokprent hier.

Artikel: Yolande van Deventer
Foto: Publisiteitsfoto’s vir die fliek

BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Dit is die einde van die maand en tyd om jouself ‘n bietjie te bederf met Troukoors se glanstydskrif en Die Trouboek, wat ons saam met Gretha Wiid geskryf het! SPAAR R44.90 AS JY ALBEI NOU BESTEL.

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde weekliks om emosioneel gereed te wees vir die groot stap!

Troukoors se glanstydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee.
Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: http://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF SO:
(POSGELD INGESLUIT)
Betaal R170 in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@troukoors.co.za.

 

Written by Troukoors