Seetroue in maroen, pers, rooi en goud

seetroue
’n Seetroue wat ’n bietjie anders is as die gewone blou- en witkleurkombinasie is wat Anru en Lische graag op hulle mooiste dag wou hê. Lees verder om te sien hoe hulle die dag benader het.


BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Dit is die einde van die maand en tyd om jouself ‘n bietjie te bederf met Troukoors se glanstydskrif en Die Trouboek, wat ons saam met Gretha Wiid geskryf het! SPAAR R44.90 AS JY ALBEI NOU BESTEL.

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde weekliks om emosioneel gereed te wees vir die groot stap!

Troukoors se glanstydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee.
Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: http://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF SO:
(POSGELD INGESLUIT)
Betaal R170 in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@troukoors.co.za


seetroue_1

Al het die wind gewaai en die gety tot by hulle troukoepel ingekom, was daar niks wat Anru en Lische se seetroue op Paternoster kon bederf nie. Lische vertel ons meer:

HOE HET JULLE LIEFDESVERHAAL BEGIN?
“Ek en Anru was vir twee jaar lank vriende voordat ons begin uitgaan het. Tydsberekening was ’n groot faktor vir ons, sowel as vriende en gedeelde avonture.”

WATTER KARAKTERTREKKE HET JULLE AANGETREK TOT MEKAAR?
Lische: “Anru is ʼn gentleman met ʼn sagte hart. Hy is baie passievol en het sterk morele waardes.”
Anru: “Lische is die spreekwoordelike dinamiet in ʼn klein pakkie. Ek was van die begin af aangetrokke tot haar en sy ondersteun my in alles wat ek doen.”

HOE HET HY DIE JA-WOORD GEVRA?
“Dit was baie romanties. Hy het by Llundudno op sy knie gegaan en my gevra. Daar was sjampanje en musiek in die agtergrond en ons altwee het ʼn traan gestort. Ons was vir tien maande verloof voor ons seetroue.”

seetroue_2

VERTEL ONS MEER VAN JULLE SEETROUE SE BEPLANNING?
“Ons wou eers wegloop en alleen gaan trou, maar toe besluit ons om eerder ʼn baie klein troue te hê met vriende en familie. Daarna het ons besluit om alles self te beplan deur ons te-doen lys op klein kleefnotas te skryf en dit op ons kamermuur te plak. Elke maand het ons ʼn paar notas afgehaal.”

WAT WAS DIE KLEURSKEMA VAN JULLE SEETROUE EN HOEKOM?
“Anru het van die begin af geweet dat hy ʼn maroen pak wou dra en omdat ons altwee van winterskleure hou het ons besluit om dit in die algehele kleurskema in te werk, saam met pers, rooi en goud.”

WAT IS JOU RAAD AAN BRUIDE?
“Ontspan, want die dag gaan spesiaal wees – ongeag wat gebeur. Alles gaan so vinnig verby, so geniet elke minuut daarvan!”

ONS HET GEHOU VAN:
* Die botteltjies waar die gaste geskrewe notas in geplaas het, wat die paartjie die volgende dag kon oopmaak en lees.
* Die tafel propvol soetgoed in plaas van ʼn troukoek.
* Die bruidspaar het by hulle gunstelingkleure gehou, selfs al word dit nie gesien as tradisionele seetroue kleure nie.

Baie jongmense droom daarvan om eendag ʼn seetroue te hê. Soos hierdie paartjie bewys het, kan elke bruid haar droomtroue hê wanneer sy eg aan haarself bly – of sy nou by tradisie bly, of nie.

seetroue_3

DIENSVERSKAFFERS
Venue, spyseniering, drankies: Gelukkie Paternoster
Koördineerder: Cindy at Gelukkie
Bloemis en dekor: Chantal Annandale – Love Affair
Skryfbehoeftes: Self
Fotograaf: Miko Moller, Gavin Coetzee, Kleinjan Groenewald (Instagram @k.groenewald), Jade Valjee
Musiek: Vriend
Trourok: Jone Geldenhuys
Hare en grimering: Jeanne Lombaard  Imagination Studio
Bruidegom se pak: Tidy T

Artikel: Gina van Staden

 

Written by Troukoors