Troupak 101 – maak só die beste keuse

troupak
’n Troupak vir die bruidegom, is net so belangrik soos ’n trourok vir die bruid – daarom moet hierdie keuse noukeuring gemaak word. Ons het raad om dit vir jou makliker te maak.


BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Dit is die einde van die maand en tyd om jouself ‘n bietjie te bederf met Troukoors se glanstydskrif en Die Trouboek, wat ons saam met Gretha Wiid geskryf het! SPAAR R44.90 AS JY ALBEI NOU BESTEL.

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde weekliks om emosioneel gereed te wees vir die groot stap!

Troukoors se glanstydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee.
Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: http://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF SO:
(POSGELD INGESLUIT)
Betaal R170 in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@troukoors.co.za


Jou troue is een van die belangrikste dae van jou lewe en dit is daarom noodsaaklik om seker te maak dat jy op jou beste lyk. Die keuse oor watter troupak jy moet dra, kan daarom nie ligtelik opgeneem word nie. Hier is ’n paar wenke om jou te help om die beste keuse te maak wanneer jy jou pak aanskaf – sodat jy net so goed kan lyk soos wat jy op die dag voel.

KIES ’N TROUPAK WAT BY JOU PERSOONLIKHEID PAS
Jou troupak moet ekstra spesiaal wees en nie dieselfde as die een wat jy na vergaderings en die kerk toe dra nie. Kies ’n snit wat lewe gee aan jou persoonlikheid. Dit kan dalk beteken dat jy ’n gewaagde of uitspattige keuse maak, of selfs meer elegant as James Bond voor die kansel gaan staan… moenie bang wees nie en gee jou persoonlike styl vlerke!

MAAK ’N TYDLOSE KEUSE
As jy jou troupak as ’n belegging beskou – as iets wat jy weer in die toekoms gaan wil dra… maak seker dat jou keuse duursaam en tydloos is. Al is ’n vreemde snit of styl nou in die mode, beteken dit nie dat dit oor tien jaar nog sal wees nie… en al is iets op uitverkoping, beteken dit nie dat die baadjie oor tien jaar nog heel gaan wees nie. Maak dus ’n ingeligte besluit.

HOU OMSTANDIGHEDE IN GEDAGTE
Jy gaan jou troupak die hele dag aanhê, so as jy in die warm Suid-Afrikaanse somer gaan trou, is ’n wolpak dalk nie die beste keuse nie. Dalk is ’n formele pak dan nie eers die beste keuse nie. Dink mooi hieroor na. As jy buite gaan trou of ’n plaastroue het, sal ’n meer informele styl ook gepas wees en nie ’n tux wat goed genoeg is vir die Oscars nie. Maak seker dat jy jou tema en die weer in gedagte hou wanneer jy jou troupak kies.

SWART IS NIE DIE ENIGSTE OPSIE NIE
Ja, dit is elegant en meestal vlyend vir die figuur, maar is ’n swart troupak die regte keuse vir jou grys en geel troue? Daar is wonderlike opsies beskikbaar, in verskillende kleure, wat net so elegant kan wees en beter by jou tema sal pas – so maak seker dat jy jou huiswerk behoorlik doen.

KIES DIE REGTE BYKOMSTIGHEDE
Elke troupak het die regte bykomstighede nodig om die algehele voorkoms te komplementeer. As jou pak uitspattig is, hou die bykomstighede eenvoudig. As jou pak baie eenvoudig is, kikker dit op met ’n vrolike das of hemp. Minder bly egter – soos in die meeste gevalle – meer.

GEBRUIK PINTEREST
Nee, Pinterest is nie ’n meisie-ding nie! Dit kan jou help om idees te kry waaraan jy nie voorheen sou dink nie. Dit kan jou ook help om die regte kleur pak te koop en jou bykomstighede slim te kies.

MOENIE UITSTEL NIE
Maak jou troupak ’n prioriteit en kry dit so gou as moontlik in plek, sodat jy nie enkele weke voor die troue hoef te stres dat jy nie ’n pak gaan kry nie.

Jou troupak kan gaste beïndruk en vir jou ’n tydlose belegging wees. Maak dus seker dat jy slim kies.

Foto: Pinterest

 

Written by Troukoors