Lekkergoedtafel – maak jou eie klapperys

lekkergoedtafel
’n Lekkergoedtafel kan nogal ’n duur storie wees, daarom is dit soms ’n goeie idee om jou eie snoeperye te maak. Trouvrou deel hierdie heerlike klapperys-resep, wat nie net jou gaste se smaakkliere sal kielie nie, maar ook mooi sal vertoon op jou lekkergoedtafel by jou troue.

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: http://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@troukoors.co.za


KLAPPERYS RESEP:

Dit is al ’n geruime tyd in die mode om ’n lekkergoedtafel, in plaas van ’n troukoek of nagereg, by jou troue te hê. Dit vervang ook soms dankiegeskenkies, maar dit kan steeds duur wees as jy alles moet gaan koop. Die Trouvrou Resepteboek is propvol oulike soetgoed, wat ideaal sal werk vir so ’n lekkergoedtafel en jou soos ’n bobaas bakster sal laat lyk voor jou gaste. Hier is ’n lekker klapperys-resep uit die boek, wat ’n aanwins sal wees vir jou spesiale dag.

KLAPPERYS
Reg in 80 minute
Genoeg vir 12

BESTANDDELE
1 blikkie kondensmelk
4 k fyn klapper
2 k versiersuiker
Rooi/pienk voedselkleursel

METODE
1. Meng die kondensmelk, klapper en versiersuiker in ’n mengbak totdat al die klapper en versiersuiker nat is van die kondensmelk.
2. Deel die mengsel in 2 dele en kleur die een deel met ’n paar druppels rooi kleursel totdat ’n pienk kleur kry.
3. Voer ’n leë 2-literroomysbak met kleefplastiek uit en druk die wit mengsel in die bak onder totdat die bodem egalig bedek is.
4. Sit die bak in die vrieskas vir 10 minute – haal uit en sit dan die boonste pienk laag oor en versprei dit egalig en druk vas.
5. Laat die klapperys ten minste vir ’n uur so in die yskas staan voordat dit uitgegooi en in blokkies gesny kan word.

WENK: Dit is nogal moeilik om die kleursel egalig te meng. Indien jy haastig is, meng die kleursel met die kondensmelk en dan met die res van die bestanddele. Jou klapperys gaan egter dan net een kleur hê.

Om snoeperye vir jou lekkergoedtafel te maak, was nog nooit so bekostigbaar en maklik nie! Kry gerus hierdie oulike resepteboek vir nog oulike eetgoed.

WEN!

lekkergoedtafel_1
Trou jy binne die volgende 12 maande of is jy pasgetroud? Dan staan jy ’n kans om ’n TROUVROU RESEPTEBOEK te wen. Al wat jy moet doen, is:
* Like TROUVROU op Facebook en * deel hierdie INSKRYWING met jou vriende deur dit op Facebook te LIKE, SHARE en vriende te TAG. Die wenner sal Maandag aangekondig word.

Resep en foto’s verskaf.

 

Written by Troukoors