Wen met die Sneeukoningin 2

wen
Wen ’n Sneeukoningin-geskenkpak vir die kleingoed by jou troue, om die bekendstelling van die tweede treffer in hierdie gewilde animasie-reeks te vier!

BEDERF JOUSELF OF ’N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ’N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ’n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: http://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@troukoors.co.za

—————————————————————————————————————————–

Soek jy iets oulik om die kinders by jou troue besig te hou? Dis jou sprokiesdag, so hoekom stuur jy hulle nie ook op ’n sprokiesreis saam met die karakters van die gewilde animasieprent, Die Sneeukoningin, nie? 10 gelukkige lesers kan elkeen ’n geskenkpak wen!

Bruide soek altyd ’n manier om die kleinspan besig te hou op hulle groot dag, so vra jou venue om ’n vertrek te omskep in ’n wonderland geskik vir prinse en prinsesse op die dag wat jy self soos ’n prinses voel. Skryf nou in en wen ’n Sneeukoningin 1-DVD om vir hulle te wys.

Die oorspronklike tekenprent is gebaseer op die klassieke sprokie (The Snow Queen) wat deur Hans Christian Andersen geskryf en in 1845 vir die eerste keer gepubliseer is. Die verhaal gaan oor die stryd tussen goed en sleg, wat deur ’n klein seuntjie en dogtertjie – Gerda en haar broertjie Kai – aangesê word en die avontuur en vriende op hulle pad, wat hulle uiteindelik tot oorwinning lei.

In Die Sneeukoningin 2 (wat die week in fliekteaters begin wys) word die storie verder vertel, met Orm in die kollig. Nadat die Sneeukoningin oorwin is, geniet die trolle hulle vryheid en hulle dorpie floreer onder die leiding van hulle bekwame koning. Wanneer Orm se alter-ego hom egter keer-op-keer in die moeilikheid laat beland, verloor hy die huis waarin hy en sy ouma bly en sy werk en moet hy plan maak om te oorleef. Maar in plaas daarvan om sy vriende se hulp in te roep, maak hy staat op leuens en grootpraterigheid om sy saak te bevorder. Hierdie leuens vervreem hom nie net van Gerda (stem deur Leah) en Kai nie, maar sneeubal tot in so ’n mate dat hy en sy vriende in lewensgevaar beland. Dit lei tot ’n naelbyt-stryd wat hom dwing om sy eie swakheid te konfronteer ten einde sy vriende van die ewige koue te red. In hierdie betowerende sprokie leer Orm dat ’n mens nie vriende, geluk en ware liefde deur middel van bedrog kan kry nie. Hoewel die meeste van die ou gunstelingkarakters steeds in die ysige wonderland woon, stel Die Sneeukoningin 2 nog ’n paar oulike siele aan die kykers voor, soos Generaal Arrog, Ouma Rose, Prinses Maribel, en vele meer, wat sommer dadelik diep in jou hart kruip.

Die Sneeukoningin 2 neem kykers op ’n prettige, emosionele avontuur, vol lewenslesse en humor, waarin die spieël weereens as die instrument van oorwinning gebruik word – want dit is eers wanneer Orm sy stryd teen die trol in die spieël wen, dat hy regtig vry en gelukkig kan wees. Dit is beslis ’n moet-kyk vir sprokieliefhebbers en klein ogies wat daarvan hou om weggevoer te word na ’n towerland vol opwinding. Die film word op 25 November 2016 in teaters landswyd vrygestel en word deur Indigenous Film Distribution in Suid-Afrika uitgereik.

Gaan kyk ook na hierdie EKSKLUSIEWE UITTREKSEL uit die fliek!

WEN WEN WEN!
10 gelukkige lesers kan elkeen ’n Sneeukoningin-geskenkpak wen vir hulle kleinding. Al wat jy hoef te doen om in te skryf en ’n kans te staan om te wen, is:
* LIKE Sneeukoningin se Facebook-blad;
* LIKE en SHARE hierdie inskrywing op Facebook met jou vriende; en
* TIK jou kleinding se naam, ouderdom en die dorp waar julle woon in die komentaarblokkie onderaan die inskrywing.
Die kompetisie sluit op 2 Desember 2016 en die wenner sal op 5 Desember 2016 aangekondig word. Kompetisie is slegs geldig in Suid-Afrika.

Foto: Uit die fliek

 

Written by Troukoors