Tuintroues – 5 oulike idees

tuintroues
Tuintroues is op die oomblik nogal in die mode en ’n heerlike manier om die natuur soomloos by jou mooiste dag te inkorporeer. Christell du Preez van The Peachy Peony deel vyf oulike idees om te oorweeg vir hierdie tema.

BEDERF JOUSELF OF ’N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ’N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ’n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap!
Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en wys jou hoe om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is!
Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: http://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R170 in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@troukoors.co.za


Tuintroues was nog altyd ’n wenner. Dink aan vars oop lug, groen bome en takke met wit trou-elemente – genoeg om enige bruid te laat droom! As jy só ’n troue beplan gee ons vir jou ’n paar idees wat die atmosfeer van jou tuintroue sal komplementeer.

LIEFDESHOEKIE
Tuintroues kan mooi foto’s tot gevolg hê. Stel vir julle ’n area op waar julle kan foto’s neem, versier dit met ’n antieke bank, kandelaar en blomrangskiking en jy het ’n wenresep vir romantiese foto’s.

DRANKIEBANKIE
Of jy nou van drank hou of nie,  ’n drankiebankie is ’n moet-hê-item vir tuintroues. Jy kan alkoholiese of nie-alkoholiese drankies hier bedien. Jy hoef nie ’n fisiese kroeg te hê nie, maar kan ’n paar botteltjies in ou dromme sit of in kratte pak. Dit gee nie net jou gaste die kans om hulle dors te les nie, maar dit maak van jou geleentheid dadelik ’n geselligheid.

tuintroues_1

DRAPERING
Baie meer paartjies hou tuintroues onder ’n boom, of by ’n fokuspunt. Rond hierdie area mooi af deur drapering, van lap of ’n blaarkrans, te gebruik.

LIGGIES
Feëtjieliggies is seker die een item wat die meeste met tuintroues geassosieer word. Dit dra nie net by tot ’n romantiese atmosfeer nie, maar gee vir jou ook ‘n feestelike gevoel. Baken jou dansbaan af met liggies om betowerende foto’s te verseker.

SIT-AREAS
Sitkamers is ’n groot treffer wanneer dit by tuintroues kom. Antieke banke met baie detail is perfek vir hierdie soort areas.

Tuintroues kan – as die weer saamspeel – ’n fees wees vir die oog. Doen jou beplanning deeglik, dink uit die boks en jy sal jou gaste se asems wegslaan.

Foto’s: Pinterest; Country Living; Jose Villa; Ruffledblog; Style Me Pretty; Want that Wedding; Amy & Jordan Photography; Charlotte Little Wolf Photography; The Knot; Borrowed and Blue

 

Written by Troukoors