Screensaver vir Kersfees

screensaver
’n Screensaver kan jou dag ophelder. Verfraai jou slimfoon, tablet of rekenaar hierdie Feesseisoen met ’n pragtige screensaver van Creative Heroes. Jy kan dit hier gratis aflaai.

Desember is hier en dis ’n tyd vir rus, goeie dade en beplanning. Jy het nog hope beplanning om te doen vir jou 2017-troue en jou senuwees begin dalk nou knaag. Daarom wil Creative Heroes jou graag vir hierdie Kersfees met ’n mooi screensaver bederf om jou ekstra moed te gee vir jou komende troue. Daar is darem niks lekkerder as om ’n mooi screensaver of agtergrondprentjie op jou rekenaar of ander slimtoestelle te hê nie… veral as jy baie tyd met hierdie toestelle spandeer – soos wanneer jy trou en al jou reëlings heeltyd moet neerpen. Die screensaver beskikbaar vir elke toestel waaraan jy kan dink – al wat jy hoef te doen is om op een van die onderstaande skakels te kliek om een vir jou slimtoestel of rekenaar af te laai.

As jy ’n Samsung het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iPhone het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iPad het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iMac het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n Skootrekenaar het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

Creative Heroes verpersoonlik trouskryfbehoeftes en is mal oor mooi goedjies wat ’n kreatiewe aanslag het. Skryfbehoeftes word volgens kliënte se persoonlike behoeftes ontwerp en hulle sal seker maak dat alles – van die merk-die-datum-uitnodigings tot die dankiekaartjies op die tafels – by jou funksie se dekor en tema inpas. Skryfbehoeftes word op ’n wye verskeidenheid papier gedruk en hulle maak ook gebruik van verskillende tipes drukmetodes – wat wissel van drukpers (letterpress), foeliedruk (foiling), bosselering (embossing) en fyn afwerkings soos lasersnywerk (laser cutting).

Vir meer inligting, skakel 079 492 2532, stuur ’n e-pos na nadia@creativeheroes.co.za of besoek hulle webblad.

Gaan LIKE hulle ook op Facebook

 

Written by Troukoors