Troudatum – kies só julle perfekte dag

troudatum
’n Troudatum is een van die eerste besluite wat julle neem wanneer julle begin troue beplan en daar is baie aspekte wat daarvan afhang. Lees verder om te sien wat jy in gedagte moet hou wanneer julle ’n datum kies.

ekspo-2

Daar is baie klein dingetjies wat in ag geneem moet word wanneer julle die troudatum kies. Lees verder om uit te vind wat dit als is:

HOE LANK WIL JULLE VERLOOF WEES VOOR DIE TROUDATUM GEKIES WORD?
Party paartjies is glad nie haastig nie en sien kans vir ʼn lang verlowing. Sommige ander is maar net te gretig om voor die kansel te staan! Sodra julle troubegroting in lyn is kan julle na hartelus begin beplan aan die groot dag.

DIE WEER
Die eerste logiese gedagte wanneer ʼn troudatum gekies word is die weer. Meeste bruide wil in warmer maande trou, so om vroegtydig al die venue te bespreek is belangrik. Wintersmaande is nie so populêr nie en dus is daar meer beskikbare troudatums, asook drasties verlaagde kostes.

SPESIALE DATUMS
Soms wil pare op hulle verjaasdae, oorlede ouers se verjaarsdae of vakansiedae trou. Hou net in gedagte dat hierdie spesiale datums nou verdeelde aandag gaan verg en dat pryse hoër kan wees oor sommige publieke vakansiedae (Februarie, alles op Kersfees en Nuwe Jaar, ensovoorts).

BLOMME, TROUROK EN SPYSENIERING IN SEISOEN
As jy droom oor ʼn spesifieke blomsoort of trourok, moet jy net seker maak dat dit seisoensgepas is. Sommige blomme sal byvoorbeeld nie beskikbaar wees in die wintersmaande nie en daai Kate Middleton-geïnspireerde rok mag jou dalk laat oorverhit in Desembermaand. Jou spyskaart moet ook mooi oorweeg word wanneer jy jou troudatum kies, want sekere kossoorte werk net beter in spesifieke seisoene.

OORSESE FAMILIE EN VRIENDE
Wanneer belangrike familielede of vriende oorsee is en julle troue absoluut nie kan plaasvind sonder hulle bywoning nie, sal julle troudatum gekies moet word volgens hulle beskikbare tyd.

INTERESSANTE MANIERE HOE PARE REGOOR DIE WÊRELD HULLE TROUDATUM KIES:
* In China word die troudatum volgens astrologiese kalenders en verjaarsdae gekies. Hulle troutyd word ook op die halfuur gedoen vir goeie geluk (byvoorbeeld 10:30, 14:30).  Hulle sien ook die nommer 4 aan as ongelukkig, so geen troues word op hierdie daatum gehou nie.
* Jode mag nie trou op Shabbat (vanaf sonsondergang Vrydat tot sonsondergang Saterdag) nie. Hulle gewildste trou dae is Sondae en Dinsdae.
* Die Romeine en Grieke glo dat dit ogelukkig is om op skrikkeljaar te trou, so 29 Februarie sal nie op hulle trou kalenders verskyn nie.

Kies die troudatum versigtig want dit is ʼn datum wat vir ewig effek op julle lewens sal hê – hetsy goed of sleg.

Artikel: Gina van Staden
Foto: Little Chapel

 

Written by Troukoors