Valentynsdag – bederf hom met ontbyt in die bed

Valentynsdag

Valentynsdag kom net een keer per jaar en is die ideale dag om die liefde van jou lewe te bederf. Omdat die pad na ’n man se hart deur sy maag loop, beveel Trouvrou hierdie croissants aan vir ontbyt in die bed. Laai ook ’n GRATIS Valentynskaartjie, deur PATAT, hieronder af.

PTA SHOW BANNER

Dit is amper Valentynsdag en jy weet nog nie presies hoe om jou nuwe bruidegom op hierdie spesiale dag te bederf nie. Hoekom nie met ontbyt in die bed nie? Hierdie bederfie sal sorg dat julle albei die dag op ’n hoë noot afskop. ’n Tuisgemaakte bederfie vir Valentynsdag is boonop ook veel meer werd as iets wat by die winkel gekoop het, omdat dit wys hoeveel spesiale moeite jy gedoen het om hom te sien glimlag. Probeer gerus hierdie lekker resep.

GENOEG VIR 4 tot 6
TYD: 20 MINUTE
BESTANDDELE:
2 e strooisuiker
3 e donker rum (opsioneel)
1 k water
100 g  strooisuiker
100 g  amandelpoeier / fyn amandels
Knippie sout
100 g ongesoute botter, gesmelt
2 eiers
1/3 k gekapte amandels – opsioneel
2 t amandelvlokkies
Versiersuiker vir versiering

METODE:
1. Gooi water, suiker en rum in ’n pan, bring stadig tot kookpunt oor matige hitte, prut en roer aanhoudend tot die suiker oplos.
2. Verwyder van hitte en gooi in vlak sopbak of bord en laat dit afkoel.
3. Meng strooisuiker, fyn amandels, en sout met klitser.
4. Voeg die botter by en meng goed.
5. Voeg dan eiers een vir een by en meng tot romerig.
6. Voeg ekstra gekapte amandels by.
7. Voorverhit die oond op 180⁰C en berei ‘n bakplaat met bakpapier voor.
8. Sny croissants oop en dip elke croissant in die stroop aan albei kante.
9. Smeer min of meer 2 t  amandelvulsel aan die binnekant en ook min of meer 1 t buite bo-op die croissants.
10. Sprinkel amandelvlokkies bo-op.
11. Berei ander croissants voor en sit op bakplaat in die oond en bak vir  12-15 minute tot bruin.
12. Haal uit die oond en sif bietjie versiersuiker bo-oor.

Die Trouvrou Resepteboek is propvol oulike soetgoed, en is ’n moet-hê-item vir elke vrou se kombuis… en nie net op Valentynsdag nie! Gaan volg hulle gerus op Facebook vir meer inligting.

LAAI HIERDIE VALENTYNSKAARTJIE GRATIS AF
Niks sê: ‘Ek is lief vir jou’, soos ’n kaartjie met woorde wat uit jou hart kom nie. Laai hierdie oulike ontwerp hier af vir Valentynsdag.

Valentynsdag_1
PATAT spesialiseer in doelgemaakte skryfbehoeftes vir spesiale geleenthede. Vir meer inligting, volg hulle op Instagram.

 

Written by Troukoors