Varsgebakte brood vir jou troue


Varsgebakte brood kan ’n gesellige atmosfeer by jou troue skep. Veral as dit ongelooflik ruik en as voorgereg bedien word. Trouvrou bederf ons hierdie maand met ’n Mieliebrood-resep wat perfek sal werk.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@troukoors.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Varsgebakte brood is iets wat selfs die stresvolste dag kan opkikker en is die ideale manier om ’n feestelike geleentheid mee af te skop. As jy nie ’n vaste voorgereg het nie, oorweeg ’n tafel met varsgebakte brood en lekker konfyt. Dit kan selfs bedien word wanneer gaste vir julle wag terwyl julle foto’s neem.

Hierdie heerlike romerige varsgebakte brood, is die perfekte bestanddeel vir julle perfekte dag en sal jou gaste vir dae lank laat praat. Die beste van alles is dat jy, en jou gevolg, self kan inspring om dit te maak en sodoende kostes kan bespaar. Varsgebakte brood wat jy self gebak het, is ook baie meer spesiaal, so oorweeg dit gerus. Dis ook ’n baie oulike resep om te gebruik wanneer julle gaste oornooi vir ’n braai.

GENOEG VIR 1 BROOD
TYD: 60 MINUTE
BESTANDDELE:
3 eiers
80 ml (1/3 k) melk
160 ml (2/3 k) suiker
2 e olie
1 k mieliemeel
1 t bakpoeier
1 k koekmeel
1 t sout (gelykvol)
1 blik geroomde suikermielies

METODE:
1. Voorverhit die oond op 180⁰C.
2. Sif die mieliemeel, bakpoeier, koekmeel en sout saam.
3. Klits die eiers, melk, suiker en olie saam.
4. Meng droë bestanddele met die eiermengsel.
5. Gooi 1 blik suikermielies by.
6. Meng goed en gooi in gesmeerde pannetjie.
7. Bak 45 minute.

Bedien jou varsgebakte brood saam met kaas, smere en lekker konfyt. As jy ’n plaastroue het, kan dit oulik wees om individuele broodjies, in blikbekers, te bedien.

Die Trouvrou Resepteboek is propvol oulike soetgoed, en is ’n moet-hê-item vir elke vrou se kombuis. Gaan volg hulle gerus op Facebook vir meer inligting.

Kliek hieronder vir betroubare, bekostigbare diensverskaffers wat jou kan help om op jou beste te lyk op jou troudag…

 

Written by Troukoors