Troue met ‘n reistema in pienk en groen


’n Troue was die uiteinde van liefde-met-die-eerste-oogopslag. Gina van Staden het meer gaan uitvind oor hierdie avontuurlustinge paartjie se spesiale dag.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@troukoors.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

JJ en Larisha de Klerk se troue was amper meer romanties as hulle verlowing. Larisha verklap hoe hulle ontmoet het, asook wat hulle troue so spesiaal gemaak het.

HOE HET JULLE ONTMOET?
Ons was albei op ʼn eerstejaars kamp by die kerk. Hy het my oog gevang met sy pragtige donkerkop en gespierde lyf en het my in liefde met die eerste oogopslag laat glo. Min het ek geweet dat hy my ook dopgehou het…

WATTER EIENSKAPPE HET JULLE NA MEKAAR AANGETREK, WAT UITEINDELIK TOT JULLE TROUE GELEI HET?
JJ: “Haar innerlike en uiterlike skoonheid het my voete onder my uitgeslaan. Sy het die mooiste hart en gee eerder aan ander as om te ontvang.”
Larisha: “Ek het verlief geraak op sy opregte, liefdevolle hart. Hy laat my kalm, selfversekerd en geliefd voel. Ons morele waardes is van dag een af dieselfde.”

HOE HET HY DIE JA-WOORD GEVRA?
“Ons was op ʼn privaat strand in die Wes-Kaap en daar het hy en my vriendin ʼn romantiese fotosessie vir ons beplan. Aan die einde van die fotosessie het ons by ʼn grot opgeeïndig met kerse oral. ʼn Romantiese piekniek met sjampane, sjokolade en blomme het ons ingewag en die volgende oomblik het JJ op sy knieë gegaan en my gevra om te trou. Ons het elf maande aan ons troue beplan.”

 

WAT WAS JOU HEEL EERSTE STAP TYDENS DIE TROUE SE BEPLANNING?
“Ons het begin met die venue-soektog. Ek wil toekomstige bruide aanraai om altyd deeglik deur kontrakte en pryslyste te gaan voordat hulle die keuse maak. Ons het toe op ʼn dag en datum besluit en verder van daar af beplan.”

HOEKOM ʼN REISTEMA?
“Ek het op die kleurskema vir die troue besluit en JJ op die tema. Omdat hy ʼn groot voorliefde het vir reis was aardbolle en wêreldkaarte die logiese keuse. My lewe is ʼn avontuur saam met hom.”

HET ALLES VOLGENS PLAN VERLOOP?
“Ek dink so, ja. As dit nie het nie, was ons onbewus daarvan. Daar was wel reën en donderstorms voorspel, maar op die dag was dit net bewolk en ons was genadiglik die donderstorms gespaar.”

Larisha sê dat bruidspare moet seker maak dat die spyseniering van goeie gehalte is, want by ʼn troue wil mense lekker eet, kuier en dans. Natuurlik was die kos by hulle troue dus iets waaroor die gaste nog lank na die tyd gepraat het.

DIENSVERSKAFFERS
Venue, spyseniering, drankies, dekor: Lezar Opstal
Bloemis: Country Flair
Dekor en beligting: Elegant Draping
Verhurings: The Peachy Peony
Skryfbehoeftes: Nadine de Jager
Troukoek: Riana de Jager
Fotograaf: Detoi Photography
Videograaf: First Kiss
Musiek: Lezar Opstal
Trourok: Peter Bondesio
Hare: Ramona Daly
Grimering: Chane de Jager professional make-up artist
Strooimeisies se rokke: Gelique
Bruidegom se pak: Woolworths

 

Written by Troukoors