Troue in romantiese pastelkleure


’n Troue was sommer van die begin af in die beplanning vir Dané en Johannes en hulle het ook geweet waar hulle dit gaan hou. Gina van Staden vertel ons meer oor die storie agter hulle mooiste dag.

Van die begin van Dané en Johannes van den Berg se verhouding af het hulle al geweet dat hulle by die mooie Surval Boutique Olive Estate die knoop wou deurhaak. Dané vertel ons meer oor hulle verhouding en romantiese troue.

HOE HET JULLE ONTMOET?
“Deur gemeenskaplike vriende. Nie een van ons was op soek na ’n verhouding nie, maar toe ons eers begin gesels het, het alles in plek geval. As ons nou terugkyk besef ons dat dit die perfekte tyd was om mekaar te ontmoet en dat ons troue net die volgende natuurlike stap was.”

WAT HET JULLE AANGETREK VAN MEKAAR?
“Die feit dat ons albei die Here dien en Hom eerste stel in ons lewens. Ons het van die begin af al vrede gehad oor ons verhouding. Ons is baie eerlik met mekaar en het ongelooflike goeie kommunikasie. Elke oomblik saam is kosbaar en spesiaal om belangstellings te deel.”

HOE HET HY DIE JA-WOORD GEVRA?
“Een Valentynsoggend het ons deur die Oliewenhuis in Bloemfontein se mooi tuine gaan stap. Hy het op sy knieë gegaan en my verras.Ons was vir ʼn jaar verloof voor ons troue.”

WATTER TIPE ATMOSFEER WOU JULLE SKEP BY DIE TROUE?
“Liefde, romanse en vriendskap. Dit was vir ons belangrik dat die troue nie net oor ons gegaan het nie, maar ook oor ons familie en vriende. En dat ons gaste die geseënde atmosfeer moes ervaar sodat hulle kon wegstap met ʼn nuwe passie vir die huwelik.

WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY VIR BRUIDE KAN GEE?
“Dat hulle fokus verder moet strek as die troudag. Tien jaar later gaan niemand meer die troue onthou nie, maar die toestand van julle huwelik sal wel getuig wat op daardie mooi dag gevestig is.”

IS DAAR ENIGE IEMAND WAT JULLE TROUE EKSTRA-SPESIAAL GEMAAK HET?
“Omdat ek nog ʼn mediese student was, het my ma en ouma die meeste van die troureëlings hanteer. Shanel van Surval het ook baie gehelp. Sonder hulle sou ons groot dag nooit plaasgevind het nie.”

Dané sien uit daarna om die res van haar lewe saam met ʼn lewensmaat te spandeer wat haar passies deel. Volgens haar was die troue perfek en omdat sy haar fokus gehou het op dít wat vir haar belangrik is, sal sy die goeie herinneringe vir altyd koester.

DIENSVERSKAFFERS
Venue, spyseniering en drankies: Surval Boutique Olive Estate
Koördineerder: Shanel Wright van Surval Boutique Olive Estate
Blomme: Rosenhof Rose Farm
Dekor: Fancy Functions
Skryfbehoeftes: Bruid self
Troukoek: Tasha van Nina’s Café
Fotograaf: Michelle Photography, Suzette Coetzer Photography, Tehillah Photography
Videograaf: Jaco van Staden van JVS Productions
Musiek: Johan Brooks van AudioBrooks
Vermaak: Cornèl Engelbrecht en Franco Engelbrecht
Trourok: Maggie Sottero
Hare: Zelda du Toit van Inferno Hair Studio
Grimering: Wilna Allpass

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@troukoors.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Written by Troukoors