Trougevolg – wie betaal vir wat?


Die trougevolg moet pronk in die kleure van jou troue en deelneem aan al die feestelikhede, maar wie moet die kostes dra? Yolanda Wessels het gaan ondersoek instel.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@troukoors.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Die trougevolg is gekies, maar wie betaal vir hulle klere, bykomstighede, verblyf en ander uitgawes? Dit mag in sommige gevalle afhang van die paartjie se kultuur, maar die onderstaande is algemene riglyne oor hoe om dit te benader. Een opsie is om, wanneer die trougevolg gekies word, te vra of hulle bereid is om dié rolle (wat nie net met betrokkenheid, tyd en werk gepaard gaan nie, maar ook ’n finansiële implikasie op hulle het) te vervul. As jy in die finansiële posisie is om dit te doen, kan jy al die uitgawes betaal, maar dit is deesdae nie verpligtend of etiket om dit te doen nie.

Sodra die trougevolg gekies is, is dit ’n goeie idee om dadelik vir almal ’n e-pos met al die nodige inligting te stuur. Noem daarin wat die verskillende rolle van elke lid van die trougevolg gaan wees en wanneer die take afgehandel moet word. Raak ook die finansiële kwessie aan sodat hulle van die begin af daarvan bewus is en daar nie later onduidelikheid of verrassings is nie. Dit gaan ’n finansiële impak op elke persoon hê en almal kan dit dalk nie bekostig nie. Wees bereid om daaroor te kommunikeer en tot ’n vergelyk te kom. Die laaste ding wat jy wil hê is om spanning te veroorsaak, wat weer vir jou onnodige spanning gaan meebring.

Die volgende is riglyne vir wie tradisioneel vir watter uitgawes betaal:

Strooimeisies koop hulle eie rokke, skoene en bykomstighede omdat hulle dit na die tyd weer kan dra. As die rokke gehuur word, kan jy oorweeg om daarvoor te betaal. Die strooijonkers betaal hulle eie pakke, tensy dit ook gehuur word. Indien die trougevolg hulle eie klere koop, is dit belangrik om hulle begrotings in gedagte te hou wanneer julle besluite neem oor die klere. Natuurlik het die bruidspaar die laaste sê hieroor, maar moet dan bereid wees om finansieel by te dra as die trougevolg dit nie kan bekostig nie.

Hare en grimering kan deur die strooimeisies self gedoen word of hulle kan die onkostes daarvoor dra. Dit werk goedkoper uit as die bruid én haar strooimeisies se hare en grimering deur dieselfde stilis gedoen word, so kry solank kwotasies en bespreek dit met die strooimeisies. As jy verkies dat almal se hare en grimering professioneel gedoen moet word, maar die strooimeisies kan dit nie bekostig nie, kan jy aanbied om daarvoor te betaal.

Volgens tradisie moet die bruid en haar familie die verblyf van die strooimeisies betaal, veral as iemand van ver af kom. Die bruidegom en sy familie betaal weer die strooijonkers s’n. Vind by die venue uit of julle afslag ontvang indien julle meer kamers bespreek. As julle begroting knap is, is ’n ander opsie om ooreen te kom dat julle die helfte van die akkommodasie betaal. As julle die aand voor die troue saam met die trougevolg deurbring, is dit etiket om aan te bied om hiervoor te betaal.

Die bruid is verantwoordelik vir die strooimeisies se geskenke en haar familie moet die strooimeisies se ruikers betaal. Die bruidegom is op sy beurt verantwoordelik om die strooijonkers se geskenke en skouerruikers te betaal.

Onthou kommunikasie bly altyd die wagwoord, speel oop kaarte met jou trougevolg, so is daar vir niemand verrassings of verskuilde uitgawes nie.

Foto: Detoi Photography

Written by Troukoors