Venue – 10 vrae voor jy bespreek


Die venue is die huis en hart van julle spesiale dag en moet daarom perfek wees. Gina van Staden gee tien vrae wat jy moet vra voordat julle finaal bespreek.

ADVERTENSIE – SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@troukoors.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodeNeem asb kennis dat die artikel hieronder nie in die tydskrif, wat hierbo geadverteer word, verskyn nie.

————————————————————————————————————————————————————

Die venue is die grootste besluit en uitgawe wanneer dit by die beplanning van julle mooiste dag kom. Lees verder om seker maak dat julle ʼn goeie, ingeligde keuse maak.

VRAAG 1: “IS DIE DATUM BESKIKBAAR?”
As julle klaar op ʼn datum besluit het, maak dit nie saak of julle ál die besonderhede van die venue het as hulle alreeds vol bespreek is nie. Begin by beskikbaarheid en beweeg van daar af aan.

VRAAG 2: “HOEVEEL GASTE KAN JULLE VENUE AKKOMMODEER?”
Indien julle ʼn groot troue beplan, sal dit nie eers die moeite werd wees om meer uit te vind as die venue net plek het vir byvoorbeeld tagtig gaste nie. So ook nie as julle ʼn klein, intieme troue beplan en dit heeltemal te groot is nie.

VRAAG 3: “WAT IS DIE KOSTES?”
As die datum en grootte uitgepluis is, is die volgende stap om die kostes te bespreek. Die totale koste vir die huur van die venue en wat alles ingesluit is, moet in detail bespreek word. Hou dinge in gedagte soos die seisoen, watter dag van die week en afslag indien julle vroeg betaal.
Vra ook wanneer die deposito en die balans betaal moet word en hoe kansellasies werk.

VRAAG 4: “KAN EK MY SEREMONIE OOK BY DIE VENUE HOU?”
Vind uit of hulle ekstra kostes vereis om die seremonie ook daar te hou. Vra ook wat hulle plan B is indien buitelug seremonies uitreën.

VRAAG 5: “KAN EK VAN MY EIE DIENSVERSKAFFERS GEBRUIK MAAK BY DIE VENUE?”
Sommige venues vereis dat bruide van hulle diensverskaffers gebruik maak, of hulle vra ʼn ekstra bedrag wanneer diensverskaffers van buite af ingeroep word.

VRAAG 6: “HET JULLE SUITES WAAR DIE BRUIDSPAAR EN GEVOLG KAN AANTREK?
Om by die venue aan te trek spaar nie net tyd nie, maar kan ook goedkoper uitwerk omdat julle waarskynlik ‘n laer tarief sal betaal omdat julle die res van die venue ook huur vir die dag.

VRAAG 7: “IS DAAR ENIGE VEREISTES RONDOM TYD, GERAAS EN DEKOR?”
Sommige venues is net tot ʼn sekere tyd beskikbaar en ander vra ekstra na-ure kostes. Ander mag in residensiële areas geleë wees en vereis dat die musiek na ʼn sekere tyd afgesit moet word. Net so laat sommige venues toe dat bruide hulle meubels mag skuif en ander weer nie. Daar mag dalk ook dekorbeperkings wees. Vra die venue al die nodige vrae hieroor.

VRAAG 8: “HET JULLE ʼN DRANKLISENSIE?”
Vind ook uit of hulle ʼn kontantkroeg het en of julle die drankies self moet behartig.

VRAAG 9: “WAT VAN KINDERS?”
Het hulle ʼn beskikbare area waar kinders na hartelus kan speel? Is daar kinderoppassers en spesiale spyseniering vir die kleingoed of moet julle dit self reël?

VRAAG 10: “IS DAAR VEILIGE PARKERING VIR GASTE?”
Vind ook uit of die parkering gratis is en of dit betaalde parkering is?

Maak seker dat julle alles vir die venue vra wat jy wil weet, sodat daar nie later onaangename verrassings opduik wanneer die deposito’s reeds betaal is nie.

Foto: Giant Invitation

Written by Troukoors