Lekkernye – vir Moedersdag of jou troue


Lekkernye wat tuisgemaak is, is altyd ’n treffer. Dis die ideale manier om jou ma of skoonma op Moedersdag te bederf en sal ook pragtig lyk op jou troue se lekkergoedtafel.  Trouvrou deel hierdie twee heerlike resepte met ons.

ADVERTENSIE – SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@troukoors.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodeNeem asb kennis dat die artikel hieronder nie in die tydskrif, wat hierbo geadverteer word, verskyn nie.

————————————————————————————————————————————————————

Hierdie naweek is Moedersdag en as jy nie weet wat om vir jou ma of skoonma te kry nie, is dit dalk ’n goeie idee om in te spring en vir elkeen lekkernye te maak in jou eie kombuis. Nie net sal jy dit kan verpak in ’n mooi blik of glashouer nie, maar jy sal ook met ’n klomp regmerkies van goedkeuring uit die stryd tree.

Tuisgemaakte lekkernye is boonop ook veel meer werd as iets wat by die winkel gekoop het, omdat dit wys hoeveel spesiale moeite jy gedoen het om die ma’s in jou lewe te bederf. Probeer gerus een of albei van hierdie lekker resepte.

SOETKOEKIES

BESTANDDELE:
600g koekmeel
200g wit suiker
10ml kremetart
2,5ml sout
250g botter
5ml koeksoda
30ml melk
2 eiers
5ml vanieljegeursel

METODE:
1. Voorverhit die oond tot op 180⁰C.
2. Meng die meel, suiker, kremetart en sout saam.
3. Vryf die botter in die meelmengsel in totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.
4. Laat die koeksoda oplos in die melk.
5. Klits die eiers saam en voeg die vanieljegeursel by.
6. Voeg die melk en eiers by die meelmengsel en meng totdat daar ’n egalige deeg gevorm is.
7. Maak die deeg toe in plastiek en laat dit rus in die yskas vir ten minste 30 minute.
8. Op die blad wat lig met meel besprinkel is, rol die deeg tot so 4mm-dik uit en druk met ’n koekiedrukker uit.
9. Plaas op bakplate wat gespuit of gesmeer is en indien verkies, sprinkel bietjie suiker weer oor.
10. Bak vir 8-10 minute tot goudbruin en laat dit eers afkoel op die plaat voordat jy dit afhaal.

MALVALEKKER- EN WITSJOKOLADEBLOKKIES

BESTANDDELE:
240g witsjokolade, in stukkies gebreek
50g mini-malvalekkers
100g gewone malvalekkers, middeldeur gesny (verskillende kleure)
100g makadamianeute, grofweg gekap
100g versuikerde jellielekkertjies (Jelly Tots)
100g vanieljekoekies, in stukkies gebreek

METODE:
1. Voer ’n vierkantige 20cm-koekpan met bakpapier uit en laat die papier oor die kante hang.
2. Smelt die sjokolade in ’n bak oor ’n kastrol met water wat prut. Moenie dat daar stoom in die sjokolade kom nie. Roer tot alles gesmelt het.
3. Meng die orige bestanddele saam in ’n groot bak. Gooi die sjokolade oor en meng dit met ’n groot lepel tot als met sjokolade bedek is. Skep dit in die pan en druk dit oral liggies vas. Sit in die yskas vir twee uur of tot gestol.
4. Haal die gestolde mengsel uit die pan deur dit aan die bakpapier op te trek.
5. Trek die papier af. Gebruik ’n warm mes en sny dit in 5 x 5cm-blokkies. Bêre in ’n lugdigte houer.

Die Trouvrou Resepteboek is propvol oulike lekkernye, en is ’n moet-hê-item vir elke vrou se kombuis… en nie net op Moedersdag of jou troue nie! Gaan volg hulle gerus op Facebook vir meer inligting.

WEN!!!!

Een gelukkige leser, wat mal is daaroor om lekkernye te maak, kan vir Moedersdag ’n Trouvrou Resepteboek wen!

Al wat jy hoef te doen, is:
* Like en deel hierdie inskrywing op Facebook;
* Like Trouvrou se blad;
* Tik die naam van jou gunsteling-tuisgemaakte lekkerny onderaan die inskrywing.

Wenners word op Maandag, 15 Mei 2017 aangekondig.

Written by Troukoors