Gewig hoef nie te pla op jou troudag nie


Gewig is die een ding wat bruide vir baie aande laat wakker lê. Elke bruid wil mooi en maer wees wanneer sy met die paadjie afstap. Hier is wenke wat jou kan help.

Elke bruid wil graag daai ekstra gewig om die boude en middel afskud voor haar groot dag. Hier is ’n paar maklik, goedkoop en natuurlike maniere om dit reg te kry.

Alles vir julle mooiste dag is in plek, maar jy sal graag ’n paar kilogram wil afskud voor jy met die paadjies afstap. Dit is belangrik om te onthou dat daar regtig nie quick fixes is, wat ’n blywende impak gaan hê op jou figuur nie. Om niks te eet nie, gaan ook nie help nie, want dan gaan jy net goor en energieloos voel op jou troue en dalk nog omkap voor die preekstoel. Dit is daarom belangrik om vroegtydig te begin en jou leefstyl aan te pas, sodat jy nie net gewig verloor nie maar ook gesonder lewe. Hier is ’n paar basiese wenke wat jou op die wenpad sal plaas.

HOU OP PEUSEL
As jy ’n emosionele eter is en troustres laat jou kakebeen onophoudelik werk, dan moet jy ’n plan maak. Dit sal net vir jou meer stres veroorsaak as jy nie in jou rok in pas nie. Maak ’n punt daarvan om drie etes per dag te eet, met twee klein gesonder peuselhappies tussen-in soos ’n vrug of jogurt. Los die skyfies, sjokolade, koekies en pizza, en kies gesonde opsies soos ’n lekker slaai of hoender en groente en moenie tussen-in eet nie. Jy sal verbaas wees watter verskil dit aan jou gewig sal maak.

WENK: Om gesond te eet, beteken nie dat jy nou elke dag self moet kos maak nie. Kitskoswinkels soos Nando’s het heerlike slaaie wat jy kan probeer.

MOENIE ETES OORSLAAN NIE
Ja, ontbyt is die belangrikste ete van die dag en daarsonder sal jy energieloos en honger voel. Die geheim is om vir jou liggaam genoeg van die regte kos te gee, op die regte tyd. Dit sal jou energie- en suikervlakke konstant hou en heel moontlik maak dat jy nie lus is om te peusel nie, omdat jy energiek en versadig voel. Dit sal jou help om gewig te verloor.

WENK: Een van Woolworths se lekker klaargemaakte slaaie, is ’n goeie opsie om saam werk toe te vat.

DRINK GENOEG WATER
Die kenners sê jy moet agt glase water per dag nodig, maar eintlik hang dit af van jou liggaam se gewig en behoeftes. ’n Mens verwar baie keer dors met honger, so deur jou liggaam gehidreer te hou, sal jy ook minder lus wees om te peusel. Genoeg water sal ook jou vel pragtig laat lyk omdat dit jou liggaam help om van gifstowwe ontslae te raak. Vermy gaskoeldrink en vrugtesappe, want die suikerinhoud sal nie net om jou heupe gaan sit nie maar ook jou tande bederf.

WENK: Water proe altyd lekkerder as dit koud en in ’n mooi bottel is. Belê daarom in ’n stylvolle glas Grab & Go™-waterbottel van Consol. Dis mooi, gesond en baie gewild. Dink net hoe mooi sal dit lyk as jy en jou strooimeisies elkeen een het op die dag van die troue.

EET MINDER SUIKER EN STYSEL
Hierdie twee S’e is die bestanddele waarvan droomkos gemaak word, maar ongelukkig is dit ook jou heupe en skaal se grootste nagmerrie. Suiker en stysel wat nie behoorlik deur die liggaam verbrand word nie, sit om in vet. Dit is daarom belangrik om oor die algemeen minder brood, pasta, lekkernye ensovoorts te eet wanneer jy gewig wil verloor of handhaaf.

WENK: As jy stysel of suiker moet eet, probeer om dit eerder in die middag as in die aand te doen, sodat jou liggaam darem ekstra tyd het om dit te verbrand. Beloon jouself een keer per week met ’n klein porsie van iets wat lekker is om jou gemotiveerd te hou.

HOU JOU PORSIES KLEIN
Die geheim is om nooit nadat jy klaar geëet het te voel dat dit nou te veel was nie. Hou jou porsies klein, gesond en gereeld. Dit sal jou metabolisme help om die kos beter te verteer en te verbrand. Wanneer jy te veel eet, sal jy gewoonlik ook baie vaak voel en as jy dan gaan lê sal jou liggaam sukkel om al die kos te verteer.

WENK: Jou middel en metabolisme sal baie baat by agt klein etes per dag. Dit sal jou metabolisme aan die gang hou en jou laat gewig afskud.

OEFENING IS NODIG
Ja die lewe is besig en ’n mens het nie altyd lus om aktief te wees nie, maar dit is baie belangrik – nie net vir jou gewig nie, maar ook vir jou algemen gesondheid en gemoedstoestand. Wanneer jy oefen, skei jou liggaam endorfiene af, wat jou goed sal laat voel. Dit sal jou help om van ekstra stres ontslae re raak en ook om kilojoules te verbrand. ’n Goeie, gereelde oefensessie, sal ook help om jou spiere soepel en ferm te maak.

WENK: As jy nie een is vir die gimnasium nie, kan jy altyd tuis oefen deur vir jou een van die verskeie oefen-DVD’s wat beskikbaar is te koop. Mr. Price Sport het ’n oulike versameling. Gaan loer gerus.

Onthou, die lewe gaan oor die algemeen oor balans en jou gesondheid ook. As jy die perfekte, gesonde balans kan vind, kan jy dalk ook net so jou ideale gewig raakloop.

SOEK JY IETS OM JOU GASTE MEE TE VERMAAK BY JOU TROUE?

Written by Troukoors