Troukoek – belangrik of bysaak?


Troukoek is nogal ’n debateerbare saak wanneer dit by moderne bruide kom, omdat daar deesdae soveel ander opsies beskikbaar is en die koek soms ook as nagereg gebruik moet word.

Bestel Die Trouboek + Troukoors Tydskrif teen die spesiale prys hieronder:

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Daar is slegs 50 eksemplare van Troukoors se Spesiale Uitgawe, van verlede jaar, by ons kantoor oor.
Kliek hier om meer uit te vind oor Die Trouboek en Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe.

Bestel Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:

Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@troukoors.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodePakkies word met geregistreerde pos deur die Suid-Afrikaanse poskantoor gestuur.
    ———————————————————————————————————————————

Sukkel jy om te besluit watter soort troukoek (indien enige) jy graag op jou troue wil hê? Hannes van Kraak gee raad en wenke wat dalk hierdie besluit vir jou sommer baie maklik sal maak.

Al hoe meer bruide begin weg beweeg van ’n tradisionele troukoeksny-seremonie, waar die troukoek laataand in die hoek gesny word, terwyl die meeste van jou gaste dit reeds op die dansvloer is of buitekant ’n koppie koffie geniet.

Maar ’n mooi troukoek bly nou een maal mooi! Die klem word net deesdae eerder op die “lekker” geplaas as die “mooi”. Die troubedryf is gelukkig geseën met ongelooflike talentvolle verskaffers wat beide lekker en mooi koeke kan bak…

Hier is so paar idees vir hoe jy te werk kan gaan om steeds die troukoek te betrek by jou groot dag:
* Plaas meer klem op die troukoek en koeksny deur dit tydens die voorafdrankies te sny en te bedien saam met vonkelwyn. Dit gee ’n heerlike spogtee-gevoel en wat is dan nou lekkerder as ’n sny koek met ’n glasie droë vonkelwyn? So kry jy ook meer waarde vir die aardige bedrag wat jy gaan spandeer op hierdie eetbare kunswerk. Daar sal moontlik oor wees vir nagereg ook. Maar om veilig te wees, kan jy kleiner soet peuselhappies saam met koffie bedien vir nagereg.

* In plaas van slegs een groot troukoek, beweeg weer terug na die destydse koektafel! Kry ’n verskeidenheid koeke en maak dit ’n fokuspunt tydens die onthaal. Dit kan bydra tot jou tema deur die gevoel van jou troue daardeur uit te beeld. Hierdie gebruik is besig om al hoe meer kop uit te steek by troues en ons dink dit is ’n ongelooflike “tradisie” om terug te bring.

* ’n Troukoek kan ook vervang word met iets heeltemaal anders as koek. Ons bedien gereeld by troues iets anders as koek tydens die koeksny-seremonie. Kry trollies en pak dit vol lekkernye en shots en laat die bruid en bruidegom dit laataand instoot op die dansvloer. Dit gee weer woema aan die partytjie en is heeltemaal onverwags! Hierdie ritueel het sy eie liedjie wat lekker hard speel terwyl die bruide en bruidegom die trollies instoot. Dit is groot pret en vervang dan die koeksny-seremonie.

* As jy graag ’n tradisionele vyflaagkoek wil hê, is dit natuurlik nie nodig om alles uit soliede koek te maak nie. Die koekverskaffers vervang gereeld die verskillende lae met polisterien en versier dit net so mooi. Die paartjie moet net besef dat dit nie noodwendig ’n goedkoper opsie is nie, omdat die ontwerpfooi steeds dieselfde bly as vir ’n regte troukoek. Hierdie opsie is gewild wanneer die bruid graag ’n baie tradisionele troue wil hê.

As jy regtig glad nie van die idee van ’n troukoek hou nie, moet jy dit dalk liewer eerder los en belê in iets soos ’n nagereg- of lekkergoedtafel. Wanneer ’n spesiale fokuspunt soos ’n troukoek afgeskeep word, doen dit meer skade aan jou dag as goed. As die troukoek daar is, moet dit beklemtoon word anders verdwyn dit net en laat ’n gat in jou begroting.

Foto: Wedding-O-Mania

SOEK JY IETS OM JOU GASTE MEE TE VERMAAK BY JOU TROUE?

Written by Troukoors