Verlowingspartytjie 101 – beplan so die perfekte aand


’n Verlowingspartytjie kan ’n heerlike geselligheid wees voordat die troubeplanning amptelik afskop. Hier is wat jy moet weet om die perfekte aand te beplan.

Bestel Die Trouboek + Troukoors Tydskrif teen die spesiale prys hieronder:

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Daar is slegs 50 eksemplare van Troukoors se Spesiale Uitgawe, van verlede jaar, by ons kantoor oor.
Kliek hier om meer uit te vind oor Die Trouboek en Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe.

Bestel Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:

Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@troukoors.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodePakkies word met geregistreerde pos deur die Suid-Afrikaanse poskantoor gestuur.
    ———————————————————————————————————————————

Die diamant is aan jou vinger en jy voel lus om julle skitterende geluk met die wêreld te deel. Daarom is ’n verlowingspartytjie beslis op die kaarte. Hou gerus die volgende in gedagte wanneer begin beplan aan die tweede grootste aand van jou lewe.

HOEKOM HOU JY DIT?
Hierdie partytjie is dikwels vir paartjies om hulle verlowing amptelik aan te kondig en mense die geleentheid te gee om hulle behoorlik geluk te wens. ’n Verlowingspartytjie is nou een maal baie lekkerder as om ’n WhatsApp te stuur, so maak ’n geleentheid daarvan.

WIE MOET DIT REEL?
Tradisioneel was dit die bruidegom se ouers se voorreg om hierdie feestelikheid te reël, maar in moderne tye is daar geen moets of moenies nie. Ouerpare kan dit saam reël by ’n venue, die strooimeisies kan dit saamslaan of die paartjie kan dit net eenvoudig self doen en dalk die ouers vra vir finansiële bystand.

WANNEER MOET DIT GEHOU WORD?
’n Verlowingspartytjie word gewoonlik binne ’n maand of twee na die groot vraag gehou. Dit is die spreekwoordelike “in-die-wolke-fase” waarin paartjies “verlief en verloof” is en stadig-maar-seker begin trouplanne maak.

WAAR WORD ‘N VERLOWINGSPARTYTJIE GEHOU?
Dit gaan afhang van die hoeveelheid gaste en jou begroting. Dit kan baie oulik wees om julle eerste funksie, as verloofdes, by die huis te hou. Dit is gesellig en sal jou die kans gee om jou toekomstige skoonma se voete onder haar uit te slaan. Daar is ook verskeie oulike venues en restaurante wat geriewe het vir sulke partytjies indien julle die finansies het en spasie nodig het.

WIE MOET JY NOOI?
Etiket het altyd ges dat jy nie iemand na jou verlowingspartytjie toe moet nooi as jy nie beplan om hom of haar troue toe te nooi nie. Maar baie paartjies hou troues deesdae klein en intiem en sal verlowingspartytjies gebruik om werkskollegas, ouers se vriende, bure en kennisse (wat nie die intieme lys gaan maak nie) ook deel te maak van die feestelikheid.

UITNODIGINGS
Digitale uitnodigings is ideaal vir hierdie geleentheid. Daar is baie grafiese ontwerpers wat hierin spesialiseer en binne ’n dag of twee sal jy jou uitnodigings kan uitstuur.

WATTER KOS MOET JY VOORSIT?
Hierdie hoef nie ’n vyfgangmaaltyd te wees met ’n oop kroeg nie. Peuselhappies en vonkelwyn sal ideaal wees vir jou verlowingspartytjie of selfs ’n piekniek of braai. Jy ken jou gaste en weet wat hulle die meeste sal geniet en wat jy sal kan bekostig.

WAT VAN DIE DEKOR?
Dekor hoef nie op hierdie stadium aan te dui hoe jou troue gaan lyk of wat gaste kan verwag nie, want jy het tien-teen-een nog nie besluit nie. Hou dit eenvoudig – dink kerse, klein blomrangskikkings, ensovoorts.

WAT MOET JY AANTREK?
Dit sal afhang van die styl van jou verlowingspartytjie. As julle piekniekhou, gaan ’n kort rokkie nie werk nie, terwyl dit wel gepas sal wees vir ’n skemerkelkie.

Jou verlowingspartytjie moet ’n prettige viering wees van hierdie spesiale tyd in julle lewe. Geniet dit en moet jou nie te veel aan reëls steur nie.

Hier is dekor-inspirasie vir julle verlowingspartytjie

Foto’s: Wedding Wire, Crate and Barrel, Pinterest

SOEK JY IETS OM JOU GASTE MEE TE VERMAAK BY JOU TROUE?

Written by Troukoors