Lekkergoed vir jou troue se snoeptafel


Lekkergoed en snoeptafels is baie gewild troues. Vra gerus jou ma of ouma om van die items te bak, of spring self in. Trouvrou deel hierdie twee heerlike resepte wat maklik is om te maak.

 Bestel Die Trouboek + Troukoors Tydskrif teen die spesiale prys hieronder:

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Daar is slegs 50 eksemplare van Troukoors se Spesiale Uitgawe, van verlede jaar, by ons kantoor oor.
Kliek hier om meer uit te vind oor Die Trouboek en Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe.

Bestel Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:

Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@troukoors.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodePakkies word met geregistreerde pos deur die Suid-Afrikaanse poskantoor gestuur.
    ———————————————————————————————————————————

Dit is binnekort julle mooiste dag en jy beplan om jou gaste te bederf met lekkergoed wat julle self gemaak het.

Tuisgemaakte lekkergoed is boonop ook veel meer werd as iets wat by die winkel gekoop het, omdat dit wys hoeveel spesiale moeite jy gedoen het om julle trougaste te bederf. Probeer gerus een of albei van hierdie lekker resepte.

SÊ DIT MET SKUIMPIES
Hierdie is een van die tuisgemaakte lekkergoed wat net so dromerig sal vertoon soos die wolk waarop julle gaan loop op julle troudag. Probeer dit gerus.

BESTANDDELE
4 groot eierwitte
2 ml kremetart
230 ml (200 g) strooisuiker
2 ml vanielje

METODE
1. Klits die eierwitte tot dit skuimerig is. Voeg die kremetart en ’n knippie sout by en klits dit styf.
2. Voeg die suiker by, omtrent 25ml op ’n slag en klits elke keer goed sodat die suiker kan oplos.
3. Klits die vanielje saam met die laaste 25ml strooisuiker in.
4. Voer bakplate met bakpapier uit. Skep of spuit klein ronde vorms van die skuimpiemengsel op die bakplate.
5. Bak dit vir ’n uur in ’n voorverhitte oond by 100⁰C. Sit die oond af en laat dit vir 2 ure in die oond uitdroog.

SOUT KARAMELSPRINGMIELIES
Dis een van daardie lekkergoed wat maklik is om te maak en heerlik is om te eet.

BESTANDDELE
16k springmielies (klaar gespring)
1k botter
1k ligte bruinsuiker
1/3k stroop
1t sout

METODE
1. Voorverhit die oond tot 180⁰C.
2. Sit bakpapier op ’n bakplaat.
3. Spring die mielies in die mikrogolf of op die stoof.
4. Smelt die botter, bruinsuiker, stroop en sout in ’n kastrol. Bring tot koopunt en kook vir 4 minute sonder om te roer.
5. Gooi die stroop oor die mielies en roer dit deur totdat almal bedek is.
6. Gooi die mielies op die bakplaat en plaas in oond. (Ekstra sout kan nou bo-oor gegooi word indien jy sou wou)
7. Bak vir 30 minute, roer elke 10 minute.
8. Laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

Die Trouvrou Resepteboek is propvol oulike lekkergoed en is ’n moet-hê-item vir elke vrou se kombuis… en nie net vir jou troue nie! Gaan volg hulle gerus op Facebook vir meer inligting.

SOEK JY IETS OM JOU GASTE MEE TE VERMAAK BY JOU TROUE?

Written by Troukoors