Elegante inspirasie vir jou troue


Elegante troues, met baie groen en ’n minimalistiese voorkoms is tans baie gewild. Charl van der Merwe Photography deel in vandag se artikel idees vir hierdie tema.


Baie bruide wil graag ’n moderne, maar tog elegante, voorkoms vir hulle troue skep deur die nuutste tendense op ’n slim manier te inkorporeer. Ons het by die span, agter hierdie fotosessie, gaan kersopsteek oor hoe om hierdie tema en atmosfeer te skep by ’n troue.

WATTER TIPE ATMOSFEER WOU JULLE SKEP?
“Ons was lus vir ’n skoon en elegante atmosfeer. Ons het baie wit, bietjie silwer en glas gebruik om die elegante voorkoms aan te vul.”

WATTER KLEURE IS TANS GEWILD VIR TROUES?
“Groenigheid is seker een van die gewildste tendense vir elegante troues en gaan beslis ook nog in 2018 koning kraai.”

HOEKOM HET JULLE OP ROSE BESLUIT VIR HIERDIE SESSIE?
“Rose is tydsloos, elegant en klassiek. Dit werk ook baie mooi saam met groenigheid soos ivy.”

Blomskryfbehoeftes is ook iets wat baie gewild is op die oomblik en is by hierdie fotosessie ingewerk om die elegante atmosfeer te komplementeer. ’n Eenvoudige wit troukoek, met blomme as versiering, het bygedra tot die minimalistiese gevoel en die snit van die rok was eenvoudig – alhoewel daar baie detail was in terme van kristalle, kant en borduurwerk. Laasgenoemde, asook die juwele is spesifiek gekies om aan te sluit by die elegante aanslag wat regdeur die sessie gevolg is.

Elegante troues gaan beslis nog vir lank in bruidstydskrifte pronk en as jy op soek is na nog inspirasie vir hierdie tema, volg ons gerus op Pinterest en Instagram.

DIENSVERSKAFFERS
Venue, spyseniering, drankies, dekor, blomme: MonCherié Wedding Venue
Skryfbehoeftes: Blooming Wonderful
Troukoek: Coffee at Dendron
Fotograaf: Charl van der Merwe Photography
Rok: Le Chante Haute Couture
Hare en grimering: La Mia Bella
Bruidegom se uitrusting: Old Khaki
Juwele: Lazlocraft Jewellery

 

Written by Troukoors