Juwele vir jou strooimeisies


Juwele is die perfekte manier om jou strooimeisies spesiaal te laat voel en hulle uitrustings mee af te rond. An-Sophie Lourens het gaan uitvind watter juwele tans gewild is vir die bruid se gevolg.

 ’n Mens wil nooit hê dat jou strooimeisies se uitrustings en bykomstighede soos kompetisie vir die bruid lyk nie. Tog, wil hulle ook mooi en spesiaal voel. Die regte juwele kan hulle net genoeg en perfek afrond.

Shani Diamond van Shani D Jewellery Design gee ’n paar blink, letterlik en figuurlike, idees vir juwele vir strooimeisies op jou troudag. Haar raad wat sy gewoonlik aan haar kliënte gee, is maak dit ’n persoonlike geskenk aan jou strooimeisies.

WATTER JUWELE STEL JY VOOR VIR STROOIMEISIES?
“Doen iets uniek vir jou strooimeisies. Laat maak of koop armbande of hangertjies spesiaal vir elkeen. Jy kan hulle voorletters of name opgraveer, selfs hulle geboortesteen gebruik of ’n spesiale simbool soos ’n virewigsimbool of ’n hartjie.”

WATTER OORBELLE KAN DIE STROOIMEISIES DRA OP DIE DAG VAN DIE TROUE?
“Afhangende van hulle haarstyl op die troudag, kan ’n mens kyk na lang oorbelle of klein oorbelle. Weereens kan ’n mens dit kreatief maak en dit as ’n geskenk gee.”

DEESDAE IS JUWELE IN DIE STROOIMEISIES SE HARE ’N NUWE TENDENS. HOE GAAN ’N MENS TE WERK AS JY BESLUIT OM JUWELE IN DIE STROOIMEISIES SE HARE TE SIT?
“As ’n mens besluit om juwele in jou hare te sit, kyk na die tema van jou troue en probeer om iets te kies wat dit gaan komplementeer, so wel as stylvol sal laat lyk in hulle hare. Ek het vir my strooimeisies ’n silwer haarpen in ’n spesiale boksie gesit waarop vra: “Sal jy my strooimeisie wees?” Hulle dra nogsteeds hulle haarpenne na spesiale geleenthede toe, selfs twee jaar na die troue!”

HET JY ENIGE ANDER RAAD VIR STROOIMEISIES SE JUWELE?
• Wees versigtig om te swaar juwele te dra, veral oorbelle. Dit kan baie ongemak veroorsaak later die aand.
• Wanneer julle op juwele besluit, maak seker een van die strooimeisies is nie allergies vir ’n sekere metaal nie.
• Moenie die strooimeisies se juwele oordoen nie. Partykeer kan ’n elegante, eenvoudige juweel enige uitrustig komplementeer en die meisies gaan dit weer kan dra! Juwele moet nooit jou voorkoms oorneem nie, dit moet eerder jou skoonheid beklemtoon.
• Vra die juwelier hoe duursaam die juweel is. Party metale kan beskadig word as dit met sekere chemikalieë in aanraking kom, veral pêrels!
• Kies die juwele volgens die kleur van die strooimeisierokke. Ivoor tot warmer kleure gaan gewoonlik saam met goud. Kouer kleure, soos blou en pers komplementeer witter metale, soos silver. Met blooskleure, probeer roosgoud.
• Jou troue is ’n refleksie van jouself. Jy moet van die strooimeisies se juwele hou en gemaklik voel daarmee.

WATTER IDEES KAN ’N MENS GEBRUIK VIR JUWELE AS GESKENKIES VIR JOU STROOIMEISIES?
• As die bruid nie self volgens tradisie “ietsie blou” wil dra op die troudag nie, kan dit altyd aan haar strooimeisies gedra word. Jy kan byvoorbeeld vir hulle blou steentjies gee met ’n aanwysing: “Gebruik na eie wense”.
• ’n Enkelbandjie is net so mooi en uniek. Dit werk perfek met ’n strandtroue of ’n troue met ’n tropiese tema. Jy kan weereens dit persoonlik maak deur ’n paar charms by te voeg, wat betekenis dra.
• ’n Mens kan self ’n mooi ring spesiaal vir jou strooimeisies maak of koop. ’n Pragtige pêrelring word altyd baie waardeer en dit is ’n soort ring wat hulle elke dag kan dra.

Vir Shani is doelgemaakte juwele altyd van sentimentele waarde, veral vanaf die bruid aan haar strooimeisies. Van ’n enkelbandjie met spesiaal uitgesoekte charms tot ’n pêrel ring, kan jy jou strooimeisies mee bederf en hulle laat blink op jou troudag. Dit is tog ’n dag van spesiale oomblikke wat lewenslange herinneringe word.

As jy ’n prys wil wen van Shani D Jewellery Design, kry die nuutste uitgawe van Troukoors wat nou op die rak is!

Hooffoto: The Dessy Group
Foto’s verskaf.

Kliek hier vir nog juweelontwerpers…

JUST BELLO ACCESSORIES, JEWELLERY AND WATCHES
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

 Just_Bello

VA-TUNGSTEN
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

 va-tungsten

Written by Troukoors