Wen Lizandra Winter se CD!


Wen vandag een van vyf Lizandra Winter-cd’s om die EKSKLUSIEWE vrystelling van haar nuwe musiekvideo, Die Begin, op ons blad te vier!

Lizandra Winter se debuut-album is vroeër vanjaar bekend gestel en vandag stel ons die musiekvideo van haar treffer, Die Begin, eksklusief hier op Troukoors se blad bekend. Gaan kyk hierdie pragtige video, nou dadelik, deur hier te kliek. Lees verder om te sien hoe jy kan wen.

Die liedjie, wat beslis ’n gunsteling gaan wees onder paartjies wat iets mooi soek om die troudansvloer mee te open of om op in te stap by die onthaal, gaan oor die feit dat ’n mens dikwels so vasgevang raak in die alledaagse lewe, dat jy vergeet wat belangrik is.

Die video is moontlik gemaak deur Little Big Studio en vervaardig deur DaVille Films (Jean de Viliers & Ja-en Kleynhans). Verfilming het plaasgevind by Val de Grace, Leon en Terese Potgieter se woning, en die konsep is ontwikkel deur Jacques de Villiers (Joshua na die Reën) en Lizandra Winter.

Die rol van die ouer dame in die video word vertolk deur Marthie Steyn en die dogtertjie in die video is Lizandra se eie klein prinses, Zanilah von Hagen.

WEN, WEN, WEN!

Net omdat jy na hierdie mooi video gaan kyk het, staan jy die kans om een van Lizandra se selfgetitelde albums te wen. Skryf so in:
1. Like en deel hierdie inskrywing (met die musiekvideo) op Facebook;
2. Like Lizandra Winter se Facebook-blad; en
3. Tik #LizandraKomp in die kommentaarreël.

Lizandra se strelende fluweelstem, gaan nie net diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf trap nie, maar is ook ‘die perfekte begin’ van ’n baie belowende solo-loopbaan vir hierdie talentvolle kunstenaar. Enige leser gaan beslis gelukkig wees om een van haar pragtige albums te wen!

Foto: Skermgreep uit video.

Written by Troukoors