Pa-en-dogter-dans: Wat jy moet weet


Die pa-en-dogter-dans mag dalk ’n bietjie senuweetergend wees, maar dit is tog so spesiaal en opwindend. An-Sophie Lourens het by ’n kenner meer gaan uitvind oor hierdie spesiale oomblik.

Die pa-en-dogter-dans rus ’n bietjie ligter op ’n mens se gemoed as wanneer jou pa jou voor die kansel gaan weggee. Tog knaag dit ’n bietjie aan jou senuwees. Om die regte liedjie vir die pa-en-dogter dans te kies, is nie altyd maklik nie. Platejoggie, Henk Meyer van Gauteng DJ gee ’n bietjie raad vir die pa-en-dogter-dans.

WANNEER VIND DIE PA-EN-DOGTER-DANS PLAAS TYDENS DIE TROUE?
* Die liedjie volg meestal na die bruidspaar die dansbaan open. Indien julle ’n lewendige liedjie gekies het vir die openingsdans, mag die bruid dalk pootuit wees na die dans. Laat die platejoggie eers ’n paar liedjies vir die gaste speel voordat die seremoniemeester die pa-en-dogter-dans afkondig, sodat die bruid haar asem kan terugkry.
* Reël voor die tyd met jul platejoggie en seremoniemeester wanneer die pa-en-dogter-dans gaan plaasvind. Dit sal voorkom dat iemand onkant gevang word van wanneer die liedjie begin. Die pa van die bruid moet natuurlik ook weet wanneer om nader te staan!

HOE KIES ’N MENS DIE PERFEKTE LIEDJIE VIR DIE PA-EN-DOGTER-DANS?
* Eerstens, moet julle eerlik wees oor hoe goed julle albei kan dans. Indien jou pa al ’n bietjie aan die ouer kant is of sy knieë nie meer lekker wil saamwerk nie, kies ’n stadige liedjie, sodat julle stadig kan dans.
* Onthou dat julle ook nie die hele liedjie hoef te dans nie. Reël dan net met die platejoggie dat hy/sy die musiek moet uitdof. Henk reël gewoonlik dat die bruid vir hom knik, dan weet hy wanneer om die volgende snit te begin speel. Hy sê soms geniet hulle die dans so baie dat sy sommer van al die senuwees en knikkery vergeet!
* Indien julle lus is vir iets opwindends en julle gaste wil verras, kan julle met jul platejoggie reel om ’n paar liedjies vir julle saam te voeg. Dan dans julle byvoorbeeld elke 30 sekondes op ’n ander liedjie. Probeer dan net om julle liedjie onder drie minute te hou, dit is nogal ’n oefensessie!
* Kyk na ’n paar voorbeelde by die volgende skakels:
Voorbeeld 1
Voorbeeld 2
Voorbeeld 3

WATTER LIEDJIES IS DIE GEWILDSTE VIR DIE PA-EN-DOGTER-DANS?
Bob Carlisle – Butterfly Kisses
Blake Shelton – God Gave Me You
Frank Sinatra – The Way You Look Tonight
Heartland – I Loved Her First
Louis Armstrong – What A Wonderful World
Snotkop – Song Vir My Dad
Stevie Wonder – You Are The Sunshine Of My Love

HET JY ENIGE ANDER RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
* Moenie in die ou groef val dat net die pa-en-dogter-dans nie. By heelwat troues neem die ma en seun ook hul kans op dieselfde liedjie – die bruidsmeisies en strooijonkers kan ook inval, veral as die bruid nie al die aandag op hulle gevestig wil hê nie.
* Onthou om jul foto-en videograaf vooraf in te lig oor julle danse, sodat die korrekte beligting vir die dansvloer opgestel kan word en hulle gereed is vir daai groot verrassing!
* Vir verdere opsies en ander tipe liedjiekeuses kyk gerus op ons webblad, onder “Song Suggestions”.

Hierdie raad sal enige toekomstige bruid en selfs haar pa, opgewonde maak vir die pa-en-dogter-dans. Met die regte liedjie en die regte passies kan julle ’n onvergeetlike oomblik deel. Niks meer senuwees nie, jou pa kan jou nou met ’n geruste en vrolike hart aan jou man toe vertrou.

Foto: Pinterest

Kliek hier as jy opsoek is na ‘n musiekopsies vir jou troue…

GAUTENG DJ – GAUTENG
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Gauteng_DJ

JACQUES ARENDT WEDDINGS EVENTS & PROMOTIONS – KAAP
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

jacques-arendt

SONIC STATE PRODUCTIONS
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

sonic_state_productions

STAGE BRIGHT – GAUTENG
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

stage-bright

YOUR DJ
WEBBLAD  ♥  FACEBOOK  ♥  E-POS

Directory-Listing_your-dj</

Written by Troukoors