Elegante troues is weer hoogmode


Elegante troues het vir eers oorgeneem by die ander troustyle en gaan baie gewild wees in 2018. Vandag se gestileerde sessie is deur hierdie tendens geïnspireer en Minette Badenhorst vertel ons meer…


Die tradisionele wit-tema vir troues is een van daardie wat altyd in die mode sal wees. Maar met vandag se fotosessie sien ons hoe jy ’n moderne en elegante aanslag kan gebruik om die tradisie op te tof. Amo Venter van Amo Creative deel die visie en idees agter hierdie fotosessie met ons.

WAT WAS DIE VOORKOMS EN GEVOEL VAN HIERDIE FOTOSESSIE?
“Ek probeer altyd om ʼn woord of frase te vind om my konsepontwerpproses te begin en met hierdie fotosessie was die word, diaphanous, wat beteken lig, deurskynend en delikaat. Ek wou die tradisionele wit troue neem en dit ’n elegante en moderne gevoel gee, maar dit steeds glansryk hou.”

WAT WAS DIE KLEURSKEMA VAN HIERDIE ELEGANTE FOTOSESSIE EN HOEKOM HET JULLE OP DIE KOMBINASIE BESLUIT?
“Die hoofkleur wat ons gebruik het was wit, aangesien dit die konsep was en toe het ons die bietjie goud bygevoeg om dit meer glansryk te maak en ʼn warmer gevoel te skep. Deur die byvoeging van groenigheid by die blomme het ons dit meer voller gemaak asook meer koste-effektief.”

HOEKOM HET JULLE OP HIERDIE SPESIFIEKE TEMA BESLUIT EN VIR WATTER TIPE TROUE SAL DIT VANPAS WEES?
“Ek glo dat hierdie tema in alle opsette sal werk en het dit gekies omdat ek voel dit sal ʼn kleurskema wees wat tot die einde van tyd by ons sal wees, maar dit kan steeds groei en ontwikkel. Dis ideaal vir elegante troustyle.”

WATTER KLEURE EN TEMAS, WAT TANS GEWILD IS, WAS DEEL VAN JULLE FOTOSESSIE?
Elegante blomme, wat kan wow word oral gesien, omdat blomme die atmosfeer van enige spasie kan verander. ʼn Welkomdrankiekroeg word ook gesien as ʼn groot tendens en ek glo dit sal lank by ons wees. Laastens, kan groenigheid gesien word in die blomme en die opset van die venue en was ʼn groot kleur van die jaar.”

WAS DAAR ENIGE ITEMS WAT SELF GEMAAK IS VIR DIE SESSIE WAT ONS BRUIDE SELF KAN AANDURF?
“Ons het die hangende blomme self gemaak. Al wat jy nodig het, is visdraad gesny in verskillende lengtes en die blomme. Nadat jy die blomme aan die visdraad vasgemaak het, kan jy hulle net ophang sodat hulle die hele area dek wat jy as agtergrond wil gebruik.”

HOEKOM HET JULLE OP HIERDIE SPESIFIEKE BLOMME EN DEKOR BESLUIT?
“Die keuses is gemaak met die idee om ʼn elegante opset te skep.”

WATTER DANKIEGESKENKIES IS TANS IN DIE MODE EN HOEKOM?
“Enigiets wat koper is, is vanjaar groot. Ek het persoonlik die koördinering gedoen vir ʼn troue waar die geskenkies koper Moscow mule-bekers was. Vetplantjies was ook ʼn groot tendens, wat inpas by die elegante groenigheid-tendens vir die jaar.”

WATTER RAAD HET JY VIR BRUIDE WAT GAAN TROU?
“Hou in gedagte dat hierdie foto’s vir ewig by jou sal wees en om iets tradisioneel te kies en dit jou persoonlike touch te gee, sal altyd in die mode wees. Jou dag is nie net spesiaal vir jou nie maar ook vir jou gesin, so laat hulle voel soos die spesiale gaste wat hulle is deur te verseker jy het professionele persone wat die dag vir jou kan organiseer sonder dat jy op die dag daaroor hoef te bekommer.
Alle toekomstige bruide onthou ook altyd die volgende: As jy begin mal gaan op Pinterest, probeer om Suid-Afrikaanse maatskappye te volg om seker te maak dat die blomme wat jy wil hê in seisoen is op jou troue.”

Hierdie kleurkombinasie van wit, koud en groenigheid is elegant en asemrowend mooi. Hierdie gestileerde fotosessie wys hoe jy die tradisionele wit ’n elegante en moderne gevoel kan gee.

Kliek hier om die video van hierdie sessie te sien!

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Ex Nihilo
Stilering, konsep en koördinering: Amo Creative
Blomme: Bouwer Flowers
Dekor en meubels: Grand Room Design
Skryfbehoeftes: Fleur Design Studio
Fotograaf: Lindie Wilton Photography
Video: Mikayla Ellam
Trourokke: Stephen van Eeden Atelier
Hare en Grimering: Donna Taylor Makeup
Skoene: Imaani Bridal
Model: Hestie van Zyl

Written by Troukoors